Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2025.
Gemeenteprofiel:
NG Villieria is in die hart van die Moot in Pretoria geleë.
Ons het ’n vakature vir ’n passievolle en toegewyde leraar om saam met ons bestaande leraars as ’n span leiding te neem in ons gemeente en om saam met ons ’n impak in die gemeenskap te maak.
Wat maak ons uniek?
NG Villieria is ’n gemeente wat gefokus is op ’n diverse gemeenskap, met spesiale aandag aan mense van alle ouderdomme.
Ons glo dat die potensiaal van ons gemeente onbeskryflik groot is. Die Here roep elkeen om aktief deel te wees van sy koninkryk. Hier doen elkeen wat sy hand vind om te doen, hetsy in die Gasvryheidsbediening, Omgeeselle, Ignite-programme (jeug), Echo-jeugontwikkeling, die Sosialekomitee of enige van die ander bedienings.
Leraarsprofiel:
Ons benodig ’n gelegitimeerde en passievolle leraar wat in ooreenstemming met die ampspligte soos omskryf in die Kerkorde:
- ’n Jesusvolgeling is met ’n diep liefde vir die Here en vir mense.
- Wat dienende leierskap uitleef en ander inspireer.
- ’n Sterk fokus het op gesinsbediening in die gemeente en die gemeenskap.
- Kreatief en innoverend is met vyf jaar+ ervaring as gemeenteleraar.
- ’n Goeie prediker wat die Woord op ’n inspirerende wyse kan oordra.
- Tegnologie kan gebruik om die bediening te ondersteun.
- Kinder- en jeugbediening, sowel as ons Echo-bediening, ondersteun.
- ’n Bediening onder jong werkendes te vestig, asook ouer lidmate te bedien.
- Die roeping van NG Villieria uitleef en betrokke is in die gemeenskap.
- As medespanleier kan optree en die bestaande leraars ondersteun.
- Besigheidsin en -ervaring het, aangesien ons woonstelle besit en verhuur (Hierdie is nie ’n vereiste nie, maar sal ’n aanwins wees).
Wat bied ons aan jou?
Ons bied jou die geleentheid om deel te word van ’n gemeenskap wat jou sal ondersteun en saam met jou wil floreer. Jy sal vriendskap, genade en ’n kans op groei ontvang. Saam met ’n unieke groep mense, wat weet hoe om hard te werk en saam te lag, sal jy God se hand aan die werk sien. ’n Veilige pastorie reg oorkant die kerk of ’n huissubsidie word aangebied.
Vergoeding:
Onderhandelbare salaris volgens sinodale riglyne, reiskoste volgens sinodale skale, verlof volgens die verlofreglement en ander byvoordele.
Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae.
Aansoeke:
Aansoeke moet vergesel wees van:
- ’n CV – maksimum van drie bladsye met die kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
- ’n Kort opsomming (een bladsy) waarin jy motiveer hoekom jy die beste kandidaat is vir hierdie pos.
Onderhoude sal met die kandidate op die kortlys gevoer word met die moontlikheid om ’n preekbeurt te lewer.
Kontakpersone:
Ds Derick du Toit (082 985 0473) derickdutoit@gmail.com
Ds Jaco Strydom (084 477 7123) jaco@echoyouth.co.za
Floris Coetzee (DVK-voorsitter) 082 554 6331
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.