Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Waterberg: Leraarspos (drie jaar vastetermynkontrak)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos – drie jaar vastetermynkontrak

Wie of wat is Waterberg-gemeente?

  • Ons is in Modimolle/Nylstroom in die pragtige Bosveld, met ’n pragtige historiese kerkgebou.
  • Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit baie toegewyde lidmate wat hier kom aftree het – hier is onder andere twee baie gewilde aftree-oorde, naamlik Kokanje en Bosveldsig.
  • In die omgewing is daar heelwat jagplase en/of naweekwegbreekplekke.
  • Die dorp en omgewing bied baie aangename omstandighede ten opsigte van skole en mediese dienste, en is slegs ’n uur se ry van Pretoria af.

Wie is die leraar wat Waterberg benodig?

  • ’n Toegewyde kind van die Here, wat ’n passie het om die geloofspad saam met ander kinders van die Here te loop en hulle pastoraal te versorg.
  • Iemand wat Woordgetrou preek en die eredienste lei, om mede-gelowiges op te bou in hulle persoonlike verhouding met die Here.
  • ’n Gesinspersoon wat met sy huweliksmaat saam die Here dien in die gemeente.
  • Iemand wat bereid is om voor te loop met ’n leierspan in die gemeente.
  • ’n Persoon wat eerlik is ten opsigte van sy/haar sterk en swak punte.

Wat bied Waterberg aan vir die leraar wat suksesvol is met die aansoek?

  • ’n Toegewyde gevestigde gemeente wat die Here dien.
  • TKVI volgens sinodale riglyne.
  • Huisvesting op die kerkterrein in ’n pastorie.
  • Normale byvoordele soos ooreengekom.

Wat word benodig vir die aansoek?

  • Kontak asseblief vir Vivienne van der Merwe by 014 717 3897 of e-pos na ngwaterberg@nylstroom.co.za vir ’n vraelys wat voltooi moet word.
  • Stuur ’n CV, nie langer as vier bladsye nie, saam met die voltooide vraelys, voor 31 Maart 2025 na bogenoemde e-posadres;
  • Navrae kan gerig word aan ds Charl Bredell 082 469 2499 of charl.bredell@gmail.com

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top