Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Bothaville-Noord: Voltydse leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum: 17 April 2025.

Oor ons gemeente:

Bothaville is ’n dinamiese plattelandse dorp in die Noord-Vrystaat, maak deel uit van die Mieliedriehoek en is die tuiste van die jaarlikse NAMPO-Oesdagfeesvieringe. Boerderyverwante bedrywe en nywerhede speel ’n groot rol in die gebied en word aangevul deur ander dienstebedrywe. Ons gemeente bestaan uit plaas- (60%) en dorpslidmate (40%) met 355 belydende lidmate en 119 dooplidmate.

Ons het ’n vakature vir ’n passievolle en toegewyde leraar om leiding te neem in ons gemeente en om saam met ons ’n impak in die gemeente en gemeenskap te maak.

Leraarsprofiel:

Ons benodig ’n gelegitimeerde en passievolle leraar wat voldoen aan die ampspligte soos omskryf in die Kerkorde, insluitend:

  • ’n Jesus-volgeling met ’n liefde vir die Here en vir mense.
  • ’n Skrifgetroue prediker wat in die gereformeerde tradisie staan en die liturgie kreatief aanwend om van elke erediens ’n lewende Godsontmoeting te maak.
  • Wat dienende leierskap uitleef en ander inspireer.
  • ’n Sterk fokus het op gesinsbediening in die gemeente en die gemeenskap.
  • Kreatief en innoverend met verkieslik vyf jaar (of meer) ervaring as gemeenteleraar.
  • Tegnologie kan gebruik om die bediening te ondersteun.
  • Kinder- en jeugbediening prioritiseer.
  • ’n Bediening onder jong werkendes vestig, asook ander lidmate bedien.
  • Getroue huis- en siekebesoek doen.
  • Die roeping van die gemeente uitleef en betrokke wees in die gemeenskap, asook op die goeie verhouding tussen ons dorp se drie NG gemeentes voortbou.

Ons bied jou die geleentheid om deel te word van ’n gemeente wat jou sal ondersteun en saam met jou wil floreer. Jy sal vriendskap, genade en ’n kans op groei ontvang en saam met ’n hardwerkende groep mense sal jy God se hand aan die werk sien.

 Vergoeding:

  • Vergoeding volgens sinodale riglyne.
  • Gerieflike pastorie is beskikbaar.

Aansoeke:

Aansoeke moet vergesel wees van:

  • ’n CV van maksimum vyf bladsye met die kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings.
  • ’n Kort opsomming (een bladsy) waarin jy motiveer waarom jy die geskikte kandidaat vir hierdie pos is.
  • Onderhoude sal met die kandidate op die kortlys gevoer word, met ’n geleentheid om ’n preek te lewer by NG Bothaville-Noord.

 Kontakpersone:

Kerkkantoor: Annesia Snyman, 078 038 0328, ngkbothavillenoord@gmail.com

Leierouderling: Japie Grobler, 082 825 8018, japie@karookom.co.za

Onderleierouderling: Corné van der Walt, 082 808 8830, corne1@agrigroep.co.za

Leierdiaken: Robbie van der Vyver, 082 879 7022, Robbie.vdvyver81@gmail.com

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.