Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Naboomspruit: Medeleraarspos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Voltydse medeleraarspos

In biddende afhanklikheid van die Here stel ons ’n voltydse medeleraarspos bekend en nooi leraars en proponente uit om aansoek te doen.

Naboomspruit-gemeente is geleë in ’n gemiddelde grootte plattelandse dorp. Die gemeente het sowat 960 belydende lidmate en 110 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit dorps- en plaaswyke. Die bediening sluit twee laerskole, ’n hoërskool en ’n ouetehuis in. Die Oog-aftreelandgoed, Euphoria-gholflandgoed en ander vakansieoorde val ook binne die gemeentegrense.

Naboomspruit-gemeente is aktief betrokke binne die groter geheel van ons gemeenskap. Die lidmate is, onder leiding van passievolle gemeenteleiers, betrokke by onder andere barmhartigheidsdiens, uitreikbediening en plaasbediening. Die gemeente beskik oor ’n aktiewe kerkraad wat hulle beywer om deur onder meer kinder- en jeugbediening, Bybelstudie en musiekbediening die gemeente toe te rus en uit te stuur.

Medeleraarspos

Die posbekleër moet alle aspekte van die gemeentelike bediening, in samewerking met sy/haar kollega, hanteer soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde en in die diensooreenkoms omskryf is.

Dit is vir ons as gemeente belangrik dat die suksevolle kandidaat iemand is wat:

  • ’n Visie het om die Woord van God uit te dra.
  • Sy/haar liefde vir die Here passievol uitleef.
  • Gesinswaardes hoog ag.
  • Fokus om gesinne en kinders te bereik en te bedien.
  • Goeie menseverhoudings koester.
  • Binne spanverband kan saamwerk en floreer.

Vergoedingspakket

Ons bied vergoeding aan volgens die sinodale riglyne wat betref traktement, reiskoste en behuising. Die finale diensooreenkoms is onderhandelbaar.

Aansoeke

Indien u geroepe voel, stuur asseblief die onderstaande aan ng.naboom@gmail.com met die onderwerptitel van die e-pos: “MEDELERAAR”

  • CV van drie tot vier bladsye.
  • Dekbrief met oorsig van u huidige bediening, werkservaring, passie, talente en waarom u aansoek doen.

Die pre-advieskommissie behou die reg voor om onafhanklik inligting oor die aansoeker in te win ten einde na die aard van die posvereistes te bepaal wie die mees geskikte persoon vir die pos sal wees.

Navrae

Leon Eksteen  082 575 5766 (voorsitter pre-advieskommissie).

Ds LJ Pretorius  072 394 6097 (leraar).

Mev CA Nel  014 743 0152 (skriba).

’n Kortlys sal saamgestel word en daar sal van die kandidate op die kortlys verwag word om ’n onderhoud met die kerkraad te voer en ’n preekbeurt waar te neem.

SLUITINGSDATUM: 31 Maart 2025.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.