Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Kassier
SLUITINSDATUM: 28 FEBRUARIE 2025.
Primêr verantwoordelik vir die finansiële administrasie van die gemeente wat hantering van kontant, deposito’s, krediteure, salarisse, rekeningkundige pligte (tot op proefbalans) en verslae insluit.
VEREISTE BEKWAAMHEDE:
- Rekenaarvaardigheid (veral MS Office en Finkerk 7 sal ’n aanbeveling wees).
- Verdere opleibaarheid is ’n vereiste.
- Kommunikasie: Goeie kommunikasievaardighede.
- Vertroulikheid: Aangesien die pos met sensitiewe gevalle werk is vertroulikheid van die grootste belang.
- Spanwerk: Goeie menseverhoudinge met gemeentelede, kerkraad, leraar en buitekerklike organisasies. Kommunikasie op ’n wyse wat die beeld van die kerk en gemeente positief kommunikeer.
- Werksure: 08:00-13:00 weeksdae. Bywoon van die eredienste met beskikbaarheid na die erediens. Daar is ook weeklikse personeelvergaderings, maandelikse taakgroep fondsevergaderings, maandelikse kerkraadsvergaderings wat na-ure plaasvind.
- Fondsinsamelingsprojekte: Bywoon en hantering van finansies tydens basaar en ander gemeentelike fondsinsamelingsprojekte.
SALARIS: Vergoeding sal geskied aan die hand van onderhandeling. Volledige pligtestaat en posbeskrywing is by die kerkkantoor beskikbaar.
AANSOEKE:
Skriftelike aansoeke, met ’n volledige CV, wat geskiktheid vir die pos aan die hand van die posbeskrywing bewys, moet voor 28 Februarie 2025 by die kerkkantoor in ’n verseëlde koevert ingehandig word vir aandag: Die Taakgroep Diensverhoudinge. Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
NAVRAE: Dries de Jager 072 968 2136 of e-pos ngparyswes@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
