Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Tulbagh: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Voltydse leraar (tweejaartermyn)

AANSOEKE SLUIT: 13 Maart 2025 @ 12:00.

INDIENSTREDING: 1 Mei 2025.

Is jy ’n dinamiese en toegewyde leraar met ’n passie vir mense en geloofsgroei? NG Kerk Tulbagh, ’n historiese gemeente met ’n warm hart en ’n sterk geloofsfamilie, soek ’n voltydse leraar om ons te lei en inspireer. Hier kry jy die geleentheid om ’n verskil te maak in ’n gemeente waar tradisie en vernuwing saamvloei.

Droom jy saam met ons?

Ons sien uit na ’n gemeente waarin:

  • Jesus die Middelpunt en Fokus is van ons lewe en bediening.
  • Elkeen welkom voel en tuis kan wees.
  • Ons almal se gawes en roeping saak maak – nie net dié van die leraar nie.
  • Ons oor grense hande vat vir ’n beter, gesonder Tulbagh.

WIE IS ONS?

NG Kerk Tulbagh, gestig in 1743, is een van die oudste gemeentes in Suid-Afrika met ’n ryk geskiedenis van geloof en saamwees. Ons is diep gewortel in ’n gemeenskap van boere en dorpenaars, met lede wat hier grootgeword het én nuwelinge wat onlangs aangesluit het. As plattelandse gemeente speel intergenerasionele bediening ’n sleutelrol in ons groei en samehorigheid.

Die afgelope jaar, sonder ’n leraar, het ons ons gemeente se behoeftes beter leer verstaan. Al verskil ons soms in oortuigings, bind ons geloof in Christus ons saam. Ons droom van ’n leraar wat brûe bou en ons help groei – binne ons gemeente en in die breër gemeenskap.

LERAARSPROFIEL

Ons nooi jou om deel te wees van ons gemeente as jy:

  • ’n Geesvervulde verhouding met die Here het en sy liefde uitleef.
  • Skrifgetroue en relevante prediking bring wat die Woord lewendig maak.
  • ’n Natuurlike en toeganklike preekstyl het, met ruimte vir tradisie én vernuwing.
  • ’n Opregte liefde vir mense het en sterk verhoudings bou.
  • Gemeenskap en geestelike groei deur empatie en begrip bevorder.
  • Aanpasbaar is en mense ontmoet waar hulle is op hulle geloofspad.
  • ’n Spesiale passie het vir beide senior lidmate en kinders.

VERGOEDING en DIENSOOREENKOMS

  • Posbeskrywing: Voltydse leraar, tweejaartermyn.
  • Jaarlikse pakket: R400 000 (TKVI), plus behuisingvoordele.
  • Dienspligte: Volgens Artikel 9 van Kerkorde (sal in onderhoud bespreek word).

AANSOEKPROSES

Gelegitimeerde leraars en diensleraars (met minstens ses jaar ondervinding in ’n gemeente) van die NG Kerkfamilie is van harte welkom om aansoek te doen.

  1. Volledige CV met minstens drie referente.
  2. Afskrifte van kwalifikasies.
  3. Bewys van legitimasie.
  4. ’n Dekbrief waarin jy verduidelik waarom jy by ons gemeente pas.

Stuur aansoeke aan: admin@ngkerktulbagh.co.za voor Donderdag, 13 Maart @ 12:00.

Navrae:

Sophie du Toit (voorsitter kerkraad): 082 404 7778.

Romijn Scheepers (diensverhoudinge): 082 494 4593.

Ons behou die reg om hierdie proses te termineer indien ons nie ’n geskikte kandidaat vir die rol identifiseer nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.