Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Parys-Wes: Voltydse leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Voltydse leraar

Die kerkraad van NG Parys-Wes in die Vrystaat stel ’n voltydse leraarspos bekend. Ons nooi gelegitimeerde predikante van die NG Kerk om vir hierdie pos aansoek te doen.

Gemeenteprofiel

Parys is ’n plattelandse gemeente binne die Sinode van die Vrystaat, en bestaan uit ongeveer 48 dooplidmate en 447 belydende lidmate. Die gemeente is ’n tipiese plattelandse gemeente met sy eiesoortige pastorale behoeftes, wat persoonlike kontak en ondersteuning benodig.

Die gemeente het ’n sterk behoudende gereformeerde karakter met ’n hoë premie wat geplaas word op Skrifgetroue Woordverkondiging.

Leraarsprofiel

  • Gelegitimeerd wees met volle ampsbevoegdheid.
  • Moet al die predikantsverpligtinge volgens Artikel 9 nakom.
  • Skrifgetroue prediking.
  • Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastorale betrokkenheid sowel as huisbesoeke.
  • Moet kan leiding neem met die uitbreiding en toerusting van die diens en taakgroepe van die gemeente.

Vergoeding en voordele

  • Vergoeding sal volgens die sinodale riglyne en die TKVI-beginsel, onderhandel word.
  • ’n Ruim pastorie is beskikbaar, maar ’n behuisingtoelaag is onderhandelbaar.

Wyse van aansoek

Belangstellendes word genooi om ’n volledige CV met hulle persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente aan die kerkkantoor te stuur.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en preekbeurt.

Stuur u aansoek asseblief per e-pos na: Die kerkkantoor, NG Kerk Parys-Wes:

dries.dejagerc@gmail.com en ngparyswes@gmail.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2025.

Diensaanvaarding: 1 November 2025 of so gou moontlik daarna, die datum kan aangepas word.

Navrae: Enige navrae kan gerig word aan die gemeentebestuurder, Dries de Jager: 072 968 2136.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak, indien ’n geskikte kandidaat nie gevind is nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.