Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Voltydse predikantspos
Die kerkraad van NG Gemeente Rustenburg-Moedergemeente stel in biddende afhanklikheid, ’n voltydse predikantspos bekend.
GEMEENTEPROFIEL:
Rustenburg-Moedergemeente is geleë in Rustenburg, Noordwes-Provinsie, ongeveer 110 km van Pretoria en 60 km van Pilanesberg. Daar is ’n hele aantal gevestigde laerskole en hoërskole op die dorp. Die gemeente het ongeveer 950 belydende en 203 dooplidmate. Die lidmaattal bestaan uit lidmate van alle ouderdomsgroepe.
LERAARSPROFIEL:
Enige gelegitimeerde leraar van die NG Kerk, tot op posvlak 4, wat aan die vereistes voldoen, word uitgenooi om aansoek te doen. Die volgende profiel dien as ’n riglyn vir voornemende aansoekers binne die konteks van Artikel 9 met die fokus op:
- Prediking: Iemand wat Skrifgetrou preek en die eredienste lei sodat medegelowiges opgebou word in hulle persoonlike verhouding met die Here.
- Pastorale versorging: In ’n land waar siekte, trauma en emosionele uitdagings deel van die lewe is, bly pastorale sorg ’n belangrike komponent in die bediening.
- Tegnologie: Entoesiasties en ervare is rondom die kreatiewe gebruik van vernuwende tegnologie en sosiale media as bedieningshulpmiddel.
- Leefstyl: ’n Passievolle en lewende verhouding met God.
- Betrokkenheid: Betrokke sal wees by die operasionele dag-tot-dag bestuur van kerkaangeleenthede.
- Bedieninge: Moet gemaklik oud en jonk kan bedien.
VERGOEDING:
- Onderhandelbaar volgens die riglyne van die algemene sinode tot posvlak 4.
- Huisvesting en normale byvoordele soos ooreengekom.
AANSOEKE:
- Aansoeke moet vergesel word van ’n CV – nie langer as vier bladsye nie – en die name van drie onlangse referente.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n moontlike preekbeurt.
CV kan per e-pos gestuur na: rtbmg1029@gmail.com
NAVRAE:
Dr Hennie Kotze (voorsitter van die kerkraad), 082 615 7272.
Gerhard Malan (voorsitter DVK) 082 899 9401.
Sluitingsdatum: 30 April 2025.
Diensaanvaarding: 1 Oktober 2025.
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie en die reg om inligting te kontroleer word voorbehou.