Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 4 April 2025.
Dienstermyn: Onbepaald.
Gemeenteprofiel: Die NG Gemeente Virginia-Wes is geleë in Merriespruit, Virginia, en vorm deel van die Goudveld Ring. Die gemeente bestaan uit ongeveer 248 belydende en 50 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit plaas- en dorpswyke en daar is ook ’n aftree-oord binne die gemeente se bedieningsgebied. Alhoewel Virginia-Wes-gemeente hoofsaaklik ’n myngemeenskap bedien, verteenwoordig haar lidmate ’n wye samestelling van belangstellings en beroepe en moet die leraar oor die vermoë beskik om mense van alle ouderdomme te bedien.
Virginia-Wes-gemeente is geleë naby ’n baie suksesvolle pre-primêre en primêre skool en daar is ook ’n hoërskool op die dorp. Die stad Welkom is ongeveer vyf en twintig km vanaf Virginia as u wyer keuses beskikbaar wil hê. Welkom bied toegang tot ’n wye reeks dienste, wat insluit, ’n Medi-Clinic met verskeie spesialis mediese en ander dienste en ’n groot verskeidenheid van kettingwinkelgroepe.
Leraarsprofiel: Ons verkies ’n gelegitimeerde veelsydige leraar of proponent van die NG Kerk wat ’n diverse gemeente kan lei en gemaklik is om die ware Woord van die Here met lidmate van alle ouderdomme te deel.
Ons ideale leraar moet kan hoop bou, met Skrifgetroue boodskappe. Die gemeente is een van dien en daarom is die behoud en uitbou van missionaliteit ’n kernvereieste. Ons bely ons afhanklikheid van die Here en ons ideale leraar sal die Skrifgesag eerbiedig en getrou verkondig.
Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
- Pastorie met munisipale dienste.
Aansoek: Aansoekers moet ’n drie bladsy CV met ten minste drie kontakbare verwysings indien. ’n Brief moet die CV vergesel, met ’n motivering waarom u die mees geskikte leraar vir ons gemeente sal wees.
Aansoekers moet bereid wees om ’n erediens by die gemeente te lei, as deel van die keuringsproses.
CV’s kan na die kerkkantoor ge-epos word: virginiawes01@gmail.com
Diensaanvaarding: 1 Mei 2025.
Navrae:
- Kerkkantoor 079 560 5304.
- Joseph Taylor 083 390 1816.
- Ds Hendrik Conradie 082 619 8946.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
