Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse leraar
Gemeenteprofiel:
Die gemeente is ’n dinamiese, groeiende plattelandse gemeente met ’n groot komponent van jongmense in die gemeente. Die gemeente bestaan uit 656 belydende en 201 dooplidmate. Die gemeente word deur een leraar bedien.
Ons is ’n gemeente wat geesvervuld leef en werk in die koninkryk van God. As dolerende gemeente, fokus ons ernstig op suiwer Skrifgefundeerde leer en prediking.
Ons het gevorder met die daarstelling van ’n gestruktureerde kinderbediening. Ons maak ook van ’n jeugwerker gebruik.
Gemeente is verteenwoordigend van al die beroepe uit ons gemeenskap.
Vir meer inligting oor ons gemeente kan jy die volgende skakels volg:
Facebook: https://www.facebook.com/nggemeentegroblersdal
Youtube: https://www.youtube.com/@nggemeentegroblersdal6204
Posbeskrywing:
Die kerkraad is op soek na ’n dinamiese, Geesvervulde leraar wat bereid sal wees om hard te werk om ons bestaande bedieninge verder uit te brei en te versterk, en ook ’n sterk passie het vir die suiwer verkondiging van die Woord van God. Die persoon moet bereid wees om aan te pas by die etos/kultuur van ons gemeente.
Posvereistes:
- Moet reeds ’n lewende verhouding met God Drie-enig uitleef.
- Die persoon moet oor ’n sagte hart beskik om die geestelike welstand van die gemeente te peil en te versorg.
- Beskik oor ’n dinamiese persoonlikheid met sterk leierseienskappe.
- Moet emosioneel volwasse wees en sterk menseverhoudinge kan vestig, uitbou en handhaaf.
- Moet oor goeie kommunikasievaardighede beskik.
- Moet selfgedissiplineerd onafhanklik asook in ’n span kan saamwerk.
Aansoeke:
Aansoeke moet die kerkkantoor bereik voor/op 15 April 2025 om 12:00. Aansoeke kan gekoerier word na: NG Gemeente Groblersdal, Kerkstraat 1, Groblersdal 0470, of e-pos na kantoor@lantic.net vir aandag br Roelof Schoeman.
Aansoek moet asb vergesel word van ’n volledige CV asook toepaslike verwysings.
Kandidate wat die kortlys haal, moet bereid wees om ’n omvattende vraelys te voltooi.
U word ook versoek om die links/ skakels in u aansoek te vermeld.
Indien jy nie binne 14 dae na die sluitingsdatum vir aansoeke iets van ons hoor nie, aanvaar asb dat jou aansoek onsuksesvol was.
Vergoeding:
Sal onderhandel word na aanleiding van kwalifikasie en ondervinding, binne die riglyne van die sinode asook die finansiële vermoë van die gemeente.
Diensaanvaarding:
Sal onderhandel word met die suksesvolle kandidaat, heel moontlik so spoedig moontlik nadat onderhoude afgehandel is.
Navrae:
Br Roelof Schoeman (ouderling: diensverhoudinge) 082 461 337.
Br Willem Schoonbee (ouderling) 073 373 0717.
Ds Julian Olivier (gemeenteleraar) 071 877 2486.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ons bereik het voor die sluitingsdatum nie.