Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Calitzdorp: Vastetermyn leraarspos (deeltyds)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermyn leraarspos (deeltyds)

Die sluitingsdatum is 10 Mei 2025.

Vergoedingspakket, dienstermyn en diensverpligtinge sal onderhandel word en sluit behuising in ’n ruim pastorie in.

Die gemeente op die R62 in die Klein-Karoo met 239 belydende en 36 dooplidmate bestaan uit vier dorpswyke en ses plaaswyke tussen die Swartberge en Rooiberge, die Vleirivier en die Huisrivier. Oudtshoorn is die naaste groot dorp, 47 km van hier af.

Aansoeke bestaande uit ’n volledige CV kan gerig word aan: venterp@iafrica.com

Emeriti is ook welkom om aansoek te doen.

Vir meer besonderhede skakel met dr Philip Venter by 082 446 6604.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top