Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

“My benadering is om breed te konsulteer in ons leierskap, taakspanne te nader, ander kundiges te raadpleeg, amptelike standpunte en verslae na te gaan, in die beantwoording van vrae,” aldus Venter," sê dr Nioma Venter.

Só klink uiteenlopende navrae, vertel Nioma Venter ná jaar in die pos as algemene sekretaris van die NG Kerk

’n Jaar gelede het sy tasse gepak vir Pretoria en die Kaap verlaat. “In terugskoue is ek diep dankbaar vir hoe die Vader se roeping ons (my) altyddeur lei,” het dr Nioma Venter, die algemene sekretaris van die NG Kerk, in haar verslag aan die Algemene Sinode Moderamen (ASM) in Februarie gesê.

 

Venter het veral klem gelê op die dinamiese en komplekse omgewing waarin “publieke getuienis” moet plaasvind en met afgevaardigdes iets van die omvang van uiteenlopendheid gedeel van die soort navrae wat haar kantoor bereik.

LEES OOK: Publieke getuienis: Wat sê die kerk oor …?

Dit kan wissel van ’n navraag oor hoe laat ’n erediens iewers in die Oos-Kaap begin tot die stand van die NG Kerk se teologiese opleiding. Een kan vra oor die NG Kerk en Belhar terwyl ’n volgende geloofsverwarring vermeld rondom dieetvoorskrifte in die Bybel, sabbatsheiliging, Bybelse feeste … “My benadering is om breed te konsulteer in ons leierskap, taakspanne te nader, ander kundiges te raadpleeg, amptelike standpunte en verslae na te gaan, in die beantwoording van vrae,” aldus Venter. “Neem kennis van ’n projek om ’n tematiese indeks van standpunte, besluite, 39 studiestukke, adviese oor ’n periode van 30 jaar saam te stel en op ons webblad te plaas.”

Venter meen voorts: “In refleksie op ervaring die afgelope twaalf maande in die pos, is ek van mening dat die ASM ’n deeglike besinning behoort te doen oor die werkswyse en mandaat van verkose leiers en amptenare om namens die kerkverband relevant en profeties op te tree in ’n dinamies-veranderende, komplekse konteks.

Sien die NG Kerk se webwerf by https://ngkerk.org.za/.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top