Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Edenville (Vrystaat): Vastetermyn voltydse pos vir ’n leraar (driejaartermyn)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature:  Vastetermyn voltydse pos vir ’n leraar (driejaartermyn)

Edenville is ’n plattelandse gemeente in die Vrystaat met ’n vakature vir ’n leraar.

Die gemeente is gestig in 1913. Vandag is die kerk die hoopfabriek vir so baie. Hier probeer ons om almal se bekers te laat oorloop van geluk, vreugde, blydskap en liefde. ’n Skuilplek waar jy nog veilig is.

As jy ’n gelegitimeerde leraar is wat geroepe voel om deel van ons gemeente te word, het ons jou nodig.

Kom wees ons entoesiatiese gemeenteleier, kom deel jou vaardighede met alle ouderdomme en kom lei mense in die gemeenskap na die gemeente met jou passie vir prediking.

Stuur ’n kort, maar kragtige CV per e-pos na ngkedenville@gmail.com (sluit asb ’n gesinsfoto in).

Sperdatum: 31 Mei 2025.

Vergoedingspakket is op aanvraag beskikbaar by die skriba. Gratis behuising word voorsien.

Ons kan u nooi om met ons te kom gesels sodat ons mekaar beter kan leer ken.

Navrae kan gerig word aan: Ds Marius Barnard (konsulent) – 082 828 0976.

Tertius Janse van Rensburg (leierouderling) – 082 443 4053.

Wouda Wessels (skriba) – 082 376 4844.

Die kerkbestuur behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te doen nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top