Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Grootfontein: Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos

Die gemeente van Grootfontein is geleë in die noordooste van Namibië. Die gemeente bestaan uit 250 belydende en dooplidmate. Die gemeente sorteer onder die Noorde Ring en onder die Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Namibië.

Fokuspunte van die gemeente:

  • Om ingestel te wees op die stem van die Heilige Gees deur Skrifgetroue prediking.

Leraarsprofiel:

In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar

  • Jesus Christus as persoonlike Verlosser en Saligmaker bely.
  • In die Heilige Gees oortuig wees van sy roeping om predikant te wees.
  • ’n Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wees, wat selfgedrewe die gemeente met sy gawes bedien.
  • In spanverband met die kerkraad saam werk, om die gemeente te lei.
  • Noue betrokkenheid by die plaaslike tehuis vir bejaardes hê.

Vergoeding:

  • Volgens die riglyne vir vergoedingspakkette vir predikante 2024/2025. Alle voordele word in die pakket vervat. Verdere inligting hieromtrent kan per e-pos aangevra word.

Aansoekprosedure:

Stuur ’n volledige curriculum vitae met:

(a)  Twee elektroniese kopieë van preke, onlangs gedoen, of met skakels na die elektroniese preke.

(b)  ’n dekbrief, nie meer as twee bladsye nie, aan: ngkgfn@iway.na

  • Aansoekers sal per e-pos gekontak word indien die kortlys gehaal word.
  • Deur die indiening van die CV gee die kandidaat toestemming dat die inligting soos in die CV vervat onderworpe is aan die terme en voorwaardes van wetgewing. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word en deur die Grootfontein NG Kerk gebruik word in die beroepingsproses.
  • Die kerkraad behou die reg voor om:

– self inligting aangaande die aansoeker in te win.

– om nie ’n leraar/predikant te beroep nie.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2025.

Aanstellingsdatum: Soos deur die partye ooreengekom.

Voorkeur aan Namibiese burgers. Buitelandse burgers onderhewig aan Namibiese regeringsbesluit.

Navrae kan per e-pos gerig word aan die voorsitter van die kerkraad:

Johan Spangenberg: jspangenberg2016@gmail.com

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top