Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Die NG Kerk Greyton maak die vakature van ’n voltydse leraar bekend.
Een kudde, een herder.
GEMEENTEPROFIEL:
Greyton-gemeente is 107 jaar oud die jaar. Ons is ’n klein dorpie in die Overbergdistrik, Wes-Kaap. Ons gemeente bestaan uit ses wyke, vyf plaaswyke en een dorpswyk.
Greyton is ’n tipiese plattelandse dorp met groot afhanklikheid van die primêre en sekondêre landboubedryf. Die lidmaattal bestaan uit 105 belydende lidmate en 42 dooplidmate.
Fokusareas: Eredienste, jeug (van kardinale belang), bejaardes en kleingroepe.
LERAARSPROFIEL:
Pligte word omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, met die volgende fokus:
- Die predikant is geroep om ’n volgeling van Christus te wees en sy lewe te wy in diens van die Here en sy kerk. Persoon nie ouer as 45 jaar oud nie.
- Energieke persoon, passievol en vol dryfkrag met kreatiewe en vernuwende Skrifgetroue denke.
- Moet kan leiding neem met die uitbreiding en toerusting van die kleingroepe en jeug in die gemeente.
- Entoesiasties oor huisbesoeke (veral besoeke aan nuwe intrekkers).
- Moet ’n dienaarshart hê wat omgee, versorg en kan identifiseer met vreugde en hartseer van die lewe.
- Sterk leierseienskappe hê en dissipels/leiers kan oplei en lei.
- Die kandidaat moet ’n goed gebalanseerde betrokkenheid in die ring en sinode kan handhaaf, terwyl die gemeente steeds die hoogste prioriteit geniet. Bou van die breër gemeenskap is ook belangrik.
- Gelegitimeerd wees met volle ampsbevoegdheid.
Vergoedingspakket: Vergoeding sal volgens die sinodale riglyne en die TKVI-beginsel, onderhandel word (Maksimum Kerf 5). Bykomend is ’n gerieflike en ruim pastorie beskikbaar.
AANSOEKE: Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na die skriba:
Belangstellendes moet asseblief die kerkraad van ’n toepaslike CV met vermelding van bedieningsvoorkeure, persoonlikheidskenmerke, spiritualiteit en ervaring, asook gesinsinligting voorsien. Sluit minstens drie kontakbare referente in. CV maksimum drie bladsye.
Die kortlyskandidate sal aan ’n professionele keuringsproses onderwerp word. Kanidate moet beskikbaar wees (saam met eggenoot) vir onderhoud. Die onderhoudsproses kan ook preekbeurt, psigometriese toetsing en ander praktiese evaluering insluit.
Aansoeke sluit Sondag 6 April 2025 om 12:00.
Navrae: ngkgreyton@twk.co.za / 083 408 7494.
Indien applikante teen 15 April 2025 geen terugvoering ontvang het nie, kan aansoek as onsuksesvol aanvaar word.
Die kerkraad en pre-advieskomitee behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit aansoeke nie.
