Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Greytown (KZN): Deeltydse predikantepos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Deeltydse predikantepos

(Reglement 14)

Met groot opgewondenheid en in biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad bogemelde vakature bekend.

Ons gemeente se visie en missie is om:

BEELDDRAERS VAN JESUS CHRISTUS TE WEES WAT GOD BEKEND MAAK DEUR:

– HOM TE AANBID

– VIR MEKAAR EN ANDER OM TE GEE

– IN ONS GEMEENSKAP HULP TE VERLEEN ASOOK VREDE EN HOOP TE BRING

Greytown-gemeente is in die pragtige Kwazulu-Natal Middellande geleë, ongeveer 75 km noord van Pietermaritzburg.

Die gemeente is op soek na ’n energieke, selfgedrewe persoon, met ’n passie vir mense.

Posvereistes

  • Emosionele volwassenheid, goeie menseverhoudinge, leierskap- en kommunikasievaardighede.
  • Kennis mbt effektiewe aksies, insluitende die gebruik van sosiale media om lidmate te betrek.
  • Die vermoë om ’n boodskap met relevansie en konteks mbt die hedendaagse wêreld waarin ons lewe oor te dra, indien nodig ook oor kultuurgrense heen.

Vergoedingspakket

  • Die salarispakket is onderhandelbaar.
  • Gratis pastorie met gesubsideerde munisipale dienste.
  • Bystand met verhuisingskoste.

Aansoeke:

Stuur volledige CV met minstens drie verwysings na: ngkgreytown@umvoti.co.za

Sluitingsdatum: 30 April 2025.

Navrae:

Conrad Fourie (voorsitter van kerkraad) 082 308 4424  conrad@mascorafrica.com

Ds Willie van Zyl (brugleraar) 083 306 8448 waevanzyl@gmail.com

Alet van der Merwe (gemeentebestuurder) 071 107 5781 ngkgreytown@umvoti.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top