Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

kmdr
Algemene sekretaris, dr Nioma Venter (derde van links voor) saam met verteenwoordigers van die 12 kerklik-maatskaplike organisasies en Hugenote Kollege se dr Nadia von Willich wat deel vorm van die Kerklike Maatskaplike Diensteraad (KMDR) van die NG Kerk. Foto: Verskaf

Elders gesien | Historiese vennootskap tussen KMDR en NG Kerk op 1 Maart versterk

Dit is soos ’n tuiskoms vir beide. So sê die algemene sekretaris van die NG Kerk, dr Nioma Venter, oor haar kantoor se onlangse besluit om vanaf 1 Maart die administratiewe ondersteuning (soos in 2001) te hervat vir die nasionale forum wat bekend staan as die Kerklike Maatskaplike Diensteraad (KMDR). 

Lees ook: Só klink uiteenlopende navrae, vertel Nioma Venter ná jaar in die pos as algemene sekretaris van die NG Kerk

Dié forum verteenwoordig 12 maatskaplike diensorganisasies (dink aan name soos CMR, Badisa, ENGO, Caritas Community Focus en Tutela) wat almal vanuit die NG Kerk ontstaan het en steeds so kerklik-geaffilieerd is. 

Na die KMDR in 2001 as NPO gestig is, was die organisasie se administrasie hanteer vanuit die kantoor van die Algemene Sinode, maar die reëling het intussen verander.

Luidens ’n onlangse berig op die NG Kerk se webblad, het die KMDR onlangs versoek of die kerk weer administratiewe ondersteuningsdienste sal oorweeg. ’n Versoek wat positief ontvang is.

Venter sê sy verwelkom die hervat van hierdie diens aan die KMDR vanuit die kantoor van die Algemene Sinode. Soos sy dit stel, “die DNS van die KMDR-lidorganisasies lê onlosmaaklik in die NG Kerk”. Sy het dit as ’n ‘tuiskoms vir beide” op die Facebookblad van die Algemene Sinode beskryf. 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top