Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Magalieskruin-Pretoria: Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse leraarspos

SLUITINGSDATUM: 5 Mei 2025.

GEMEENTEPROFIEL

Magalieskruin-gemeente is ’n voorstedelike gemeente in die noorde van Pretoria en vorm deel van die Ring van Wonderboom. Daar is tans meer as 5 000 lidmate in die gemeente waarvan 1 800 tussen die ouderdom van 0 en 30 jaar is. Die leraarspan bestaan uit drie voltydse poste waarvan een tans vakant is. Daar is ook twee pastorale poste wat fokus op seniorlidmaatbediening.

Ons roeping is om ’n Fontein van Hulp en Hoop hier noord van die Magaliesberg te wees. Ons gemeente is vernuwend in ons bediening en behoudend in ons teologie. Ons vier die verskeidenheid binne die gemeente, waar ons elkeen wil laat tuiskom en bemagtig om ons roeping uit te leef.

Ons het ’n vakature vir ’n passievolle en toegewyde leraar om leiding te neem in ons gemeente en om saam met ons ’n impak in die gemeenskap te maak.

PROFIEL EN TAAKOMSKRYWING VAN DIE KANDIDAAT

  • Gelegitimeerdes tot en met tien jaar ondervinding, wat kwalifiseer om in die NG Kerk te bedien, word genooi om aansoek te doen.
  • ’n Skrifgetroue prediker wat tuis is in die gereformeerde teologie en innoverend is in die bediening.
  • ’n Lewende verhouding met die Here en ’n warm hart vir sy mense en sy skepping is belangrik.
  • Iemand wat gemaklik strategies, doelgerig en innoverend binne spanverband met kollegas, gemeentelede en ander gemeentes kan saamwerk.
  • Iemand wat aktief die gemeentevisie uitleef in die gemeenskap.
  • ’n Kreatiewe en innoverende persoon wat gemaklik is om tegnologie te benut.
  • Die kandidaat sal alle normale predikantspligte vervul volgens Artikel 9 van die Kerkorde soos dit prakties gemaak word binne ons gemeentekonteks. Dit sluit in die verantwoordelikheid vir pastorale werk in toegekende bedieningsblokke, prediking en om leiding te neem in die uitbou van die visie en bediening van die gemeente.
  • Om leiding te neem in ons kinder-, jeug- en jongvolwassebediening (0-30 jaar) vorm ’n kernfokus van hierdie pos.

VERGOEDING

Die totale koste van indiensneming (TKVI) is onderhandelbaar met die kerkaad volgens die sinodale riglyne van die Noordelike Sinode en word beïnvloed deur die kandidaat se ervaring.

AANSOEKE

Belangstellendes kan ’n aansoekvorm en instruksies aanvra van:

aansoeke@magalieskruin.com

NAVRAE: Br Pieter Nel – voorsitter van die kerkraad – 072 372 4574.

Ds Louis Lemmer – 082 929 0244.

Ds Corne Bootha – 082 786 4834.

Kantoorbestuurder – 012 548 1245.

Die kerkaad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie, asook die reg om enige inligting te kontroleer.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top