Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk Lux Mundi: Voltydse medeleraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Sluitingsdatum: 30 Mei 2025.

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2025 of soos onderhandel.

Gemeenteprofiel:

Ons roeping is om Lig vir die wêreld te wees. Ons leef dit uit deur ’n familie te wees wat Koning Jesus met toewyding volg en ander saamnooi op die reis!

Lux Mundi is ’n oop en liefdevolle geloofsfamilie in die ooste van Pretoria wat in 1989 afgestig het van Faerie Glen en is deel van die Ring van Faerie Glen. Ons neem ons identiteit en roeping as gestuurde (missionale) gemeente ernstig op om as geïntegreerde familie ’n verskil in die gemeenskap en wêreld in nood te maak. Daarvan getuig ons gemeenskapsentrum, Pharos, en ons uitreike na Ohrigstad, Mosambiek en Oekraïne.

Lux Mundi het tans twee voltydse leraars (waarvan een teen die einde van 2025 emeriteer) en gebruik die passie en gawes van drie deeltydse leraars.

Lux Mundi is geroepe om mense saam te nooi op die avontuur om Koning Jesus te volg, deur die Gees vernuwe te word sodat hulle in ons gemeenskap ’n verskil kan maak. Ons doen dit deur die volgende kernwaardes uit te leef:

  • Verhoudings (deernis, egtheid, eerlikheid, vertroue).
  • Gasvryheid (vriendelik; uitnooi).
  • Diensbaarheid (omgee en versorg).
  • Relevansie (luister, leerbaar en begrip).

Leraarsprofiel:

  1. Het ’n diep persoonlike verhouding met die Here en is ’n emosioneel volwasse volgeling van Koning Jesus.
  2. Skrifgetroue prediking wat gemeentelede inspireer, toerus, begelei tot volwasse volgelinge van Jesus en dienswerk in die gemeenskap.
  3. Het ondervinding in die gemeentebediening (minimum vyf jaar).
  4. Is ’n dinamiese, kreatiewe en innoverende leier. Kan as ’n spanspeler die sterkpunte van die huidige leraarspan komplementeer en gapings aanvul.
  5. Netwerker en bouer van verhoudings.
  6. Goeie kommunikeerder in die taal van mense se leefwêreld.
  7. Is passievol oor Lux Mundi se visie, roeping en kernwaardes en sal dit met energie en entoesiasme sy/haar eie maak.
  8. Bou en bewaar die missionale gemeente se DNS en kultuur.
  9. Kan gemaklik oor grense beweeg en ’n persoon waartoe nuwe mense aangetrokke is.

Karakter:

  1. Dryfkrag en energiek.
  2. Goeie menseverhoudings (EI).
  3. Betroubaar, hoë integriteit, nederig en offervaardig.
  4. Selfgedrewe en demonstreer waagmoed en deursettingsvermoë.
  5. Bereid om as die leier verantwoordbaar te wees ten opsigte van uitkomste en kan spanne lei en inspireer om hulle potensiaal uit te leef.

Pligte: Alle pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde (spesifieke fokusareas word onderling deur die leierskap uitgeklaar).

Vergoeding: Vergoeding word onderhandel met sinodale riglyn as vertrekpunt.

Aansoekproses:

Gelegitimeerde predikante van die NG Kerkfamilie is welkom om aansoek te doen.

  • Stuur vir ons ’n opgedateerde CV en kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
  • Stuur asseblief vir ons ’n kort bekendstellingsvideo (3-5 min) waarin jy onder andere meer oor jouself vertel asook hoekom jy aansoek doen vir die pos.
  • Indien beskikbaar, sluit ’n Gallup Strengths Finder en/of Meyers-Briggs-profiel by die aansoek in.
  • Elke aansoek sal deeglik en met vertroulikheid oorweeg word. Ons sal nie later nie as 13 Junie 2025 met aansoekers kontak maak. Aansoekers kan genooi word vir ’n onderhoud en/of preekgeleentheid.

Stuur aansoeke aan die voorsitter van die gemeenteraad by e-pos:

luxmundi.gr@gmail.com

Navrae:

Dr Frikkie Coetzee (spanleier): 083 222 6017 en/of e-pos: fcoetzee@luxmundi.org.za

Trudi Cox (gemeenteraadvoorsitter): 083 271 6879 en/of e-pos: luxmundi.gr@gmail.com

Dit staan die gemeenteraad van Lux Mundi NG Kerk vry om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top