Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Vastetermyn-leraarspos
(Voltydse kontrakpos drie jaar)
GEMEENTEPROFIEL:
Ohrigstad is ’n plattelandse dorp in Limpopo wat geleë is in ’n vallei wat hoofsaaklik besproei word. Die dorp is geleë langs die R36, 45 km vanaf Lydenburg en 90 km vanaf Hoedspruit. Die Krugerwildtuin en die Panoramaroete is groot aantreklikhede. Hier is ’n baie goeie Afrikaanse laerskool op Ohrigstad en verskeie baie goeie, hoog aangeskrewe Afrikaanse hoërskole te Lydenburg, Nelspruit en Tzaneen (Merensky en Ben Vorster) naby aan Ohrigstad.
Mediese fasiliteite en hospitale is ook teenwoordig en goed toegerus op Lydenburg en Nelspruit met ’n splinternuwe internasionale hospitaal wat onlangs geopen is op Hoedspruit.
Die gemeente het 130 belydende lidmate en 43 dooplidmate, met ’n aantal bejaardes. Daar is twee dorpswyke en ses plaaswyke. Die hartlike boerderygemeenskap vorm ’n groot deel van die struktuur en die funksionering van die gemeenskap.
LERAARSPROFIEL EN AMPSPLIGTE:
- Ohrigstad-gemeente het ’n leraar nodig wat, behalwe die pligte soos vervat in Art 9, lief is vir mense, wat begrip toon vir die plattelandse gemeenskap se unieke omstandighede en geroepe voel vir die bediending op die platteland, met ’n begrip vir die invloed van die landbou op die gemeente en die breër gemeenskap.
- ’n Leraar wat geroepe voel om die gemeente op te bou tot ’n aktiewe dienende gemeente.
- ’n Leraar wat ingestel is op persoonlike kontak, opbouende kommunikasie en verhoudinge bou deur onder andere huisbesoek en ander pastorale besoeke.
- ’n Leraar wat gemaklik is in die gebruik van multimedia en ander sosiale platforms om die prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun en te bevorder.
- ’n Leraar wat die jeug kan inspireer om betrokke te wees by die kerk, maar wat ook die behoeftes van bejaardes kan aanspreek.
VERGOEDING EN VOORDELE:
- Die pos is vir ’n drie jaar voltydse kontrakpos.
- Die posvlak is volgens sinodale riglyne – nie bo kerf 9 besoldiging nie.
- Proponente is ook welkom om aansoek te doen, traktement sal onderhandel word.
- Daar is ’n ruim pastorie met dienste beskikbaar op die kerkperseel.
AANSOEKE:
Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV, die name en kontakbesonderhede van drie referente en ’n dekbrief waarin gemotiveer word waarom u geroepe voel om hierdie taak op te neem. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.
Rig aansoeke aan:
E-pos: ngkerkohrigstad@gmail.com of skakel
Altus Bylsma (finansies) – 082 499 5246. Saràhjòh Marais (skriba) – 082 575 0282.
SLUITINGSDATUM: 30 Junie 2025. Diensaanvaarding: Nie later as 1 September 2025 nie.
NG Kerk Ohrigstad se kerkraad behou die reg voor om aanstellings te maak al dan nie.