Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraarspos – Twee jaar vastermynpos
Die kerkraad van NG Gemeente Primrose-Oos maak in biddende afhanklikheid bogenoemde vakature bekend wat vanaf 1 Julie 2025 gevul moet word.
Gemeenteprofiel:
Primrose-Oos-gemeente is ’n voorstedelike gemeente in Primrose, Germiston met 250 belydende lidmate en 58 dooplidmate. 69% van die belydende lidmate is onder 65 jaar oud. Die gemeente bestaan uit 15 wyke.
Die gemeente beskik oor ’n aktiewe manne- en vroue- en bejaardeaksie met beplanning aan die gang vir ’n jongmens/jeugaksie.
Die gemeente het ’n aktiewe kerkraad met 11 diakens en 14 ouderlinge. Die kerkraad is redelik progressief in hulle denke wanneer dit kom by die bestuur van die gemeente, met sommige ouderlinge wat direk aangestel is vir spesiale opdragte en het dus nie ’n wyk nie.
Die erediens is die hart van die gemeente met dinamiese en Skrifgetroue prediking en fantastiese musiekbegeleiding. Ons bediening is gefokus en sentreer rondom die volgende vyf Bybelse beginsels van Aanbidding, Bediening, Eensgesindheid, Getuienis en Groei.
Leraarsprofiel:
- Gelegitimeer deur die NG Kerk.
- Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
- Skrifgetroue, gereformeerde en dinamiese prediking.
- Menseverhoudinge kan bou en onderhou, ook deur huis- en siekebesoek te doen.
- Alle ander verantwoordelikhede soos van tyd tot tyd deur die kerkraad bepaal.
- Sterk leierseienskappe.
- Innoverende denke.
Vergoeding:
Die vergoedingspakket is onderhandelbaar maar die pakket wat aangebied word sluit beslis nie ’n pastorie in nie.
Aansoeke:
- Aansoeke, met ’n volledige CV, moet gerig word aan: Die voorsitter van die kerkraad by primoosngk@gmail.com
- Aansoekers wat die kortlys haal, sal gekontak word vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.
- Navrae kan gerig word aan die voorsitter van die kerkraad, Henry Oosthuizen 082 555 7983 of die huidige leraar ds Marius Oosthuizen 082 923 5015.
- Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 Junie 2025.