Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Welgemoed: Voltydse predikant (gemeenteleraar)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Voltydse predikant (gemeenteleraar)

Gemeenteprofiel

Welgemoed NG Gemeente is in die noordelike voorstede van Kaapstad geleë. Dit is ’n gevestigde geloofsgemeenskap in Bellville en vorm deel van die Ring van Bellville. Lidmaattal 1 484 (1 112 belydende lidmate en 372 dooplidmate). Daar is tans drie predikante en een deeltydse jeugwerker in diens van die gemeente.

Predikantsprofiel

  • ’n Gelegitimeerde predikant (gemeenteleraar) van die NG Kerk.
  • Aansoekers se VBO-punte moet aan die vereistes wat deur die sinode gestel word voldoen.
  • Minstens tien jaar ondervinding van gemeentebediening en bewese ervaring van die bediening van tieners.
  • Afrikaanssprekend (inherente posvereiste) en Engels vaardig.
  • Rekenaargeletterd (Microsoft Office).
  • Uitvoering van pligte/verantwoordelikhede vereis geïntegreerde samewerking in spanverband.
  • Fokusareas
  • Al die pligte verbonde aan die amp van predikant soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Prediking by die oggenderedienste, asook informele aanddienste.
  • Inskakeling by die liturgiese werkgroep. Hierdie werk is onderhewig aan die gemeente se liturgie- en musiekbeleid.
  • Pastoraat en geestelike mentorskap aan lidmate en huisgesinne in wyke soos deur die kerkraad gereël.
  • Leiding in Bybelstudiegroepe en kleingroepe.
  • Betrokkenheid by die tienerkategese en bediening en begeleiding van tieners, asook betrokkenheid by familiebediening.

Vergoeding

Die vergoeding sal redelikerwys bepaal word volgens sinodale riglyne. Huisvesting word verskaf.

Aansoeke

Aansoeke moet ’n omvattende CV, persoonlike bedieningsvoorkeure en die name en kontaknommers van drie referente insluit.

Aansoeke moet gerig word aan:

Die Voorsitter: Kerkraad

Per e-pos: Me Christèl Oberholzer (administratiewe bestuurder):

christel.oberholzer@ngkwelgemoed.co.za

Navrae oor die inhoud van die advertensie kan gerig word aan:

Mnr Jan Kotze (kerkraadsvoorsitter): 083 280 0984 of e-pos: jan.kotze@pkf.co.za

Mnr De Jongh Borchardt (leierouderling): 082 999 9979 of e-pos: dejonghb@sarugby.co.za

Kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum, tyd en plek soos deur die Pre-advieskommissie bepaal. Die proses kan toetsing (met inbegrip van psigometriese assessering) en praktiese evaluering insluit.

Sluitingsdatum: 19 Mei 2025.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik (onderhandelbaar).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top