Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk Kuilsrivier-De Eike: Voltydse leraarspos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Voltydse leraarspos

In die voetspore van Jesus

Sluitingsdatum: 30 Junie 2025 om 12:00.

Diensaanvaarding: DV 1 Januarie 2026 of spoedig daarna.

Die kerkraad van De Eike-gemeente in Kuilsrivier stel graag hiermee die bogenoemde pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.

       1. Gemeenteprofiel:

Die gemeente in Kuilsrivier is sentraal geleë, ’n klipgooi vanaf die see, Kaapstad en die wingerde van die Boland. Die gemeente het 1 128 belydende lidmate en 225 dooplidmate en 639 besoekpunte.

Ons gemeentegrense het die afgelope twee dekades vervaag en dus woon ’n groot aantal lidmate, van wie die meeste ouer as 50 jaar is, buite die tradisionele gemeentegrense. Dit vereis unieke bedieningstrukture, ook wat ons jong werkende lidmate betref.

De Eike het tans twee leraars, van wie een aan die einde van 2025 aftree. Ons vertrou dat ons twee leraars in 2026 sal voortgaan om as geloofsgenote saam te werk.

        2. Uitnodiging:

  • werk in hierdie wingerd van ons Vader en wees ’n leraar vir ons gemeente.
  • Leer ons van die groot Wingerdboer, deel met ons jou liefde en kennis van Hom aan wie al die eer toekom.
  • Bring jou unieke Kom gawes en talente om De Eike-gemeente met die Woord te bedien. Ons wil jou nie beperk tot slegs Kerkorde 9 se pligstaat nie.
  • Help ons groei en vrug dra deur vir ons voor te leef, sigbaar met ons saam te werk en ook uit te reik in ons gemeenskap en wyer.
  • Gee vir ons leiding, maar betrek ook ons lidmate om mee te werk in die bediening en uitbouing van De Eike.
  • Besoek ons gemeente virtueel op https://www.ngkeike.co.za/ om meer te wete te kom.

        3. Versorging

  • Vergoeding is in ooreenstemming met wat sinodale riglyne aanbeveel.
  • Behuisingsubsidie ooreenkomstig met sinodale riglyne word aangebied.
  • Rig navrae aan die saakgelastigde: Mariana van Schalkwyk 021 903 3818 of voorsitter van die kerkraad: Maartin Oliver 082 880 6465.

        4.  Aansoek

  • Stuur volledige CV en besonderhede van drie raadpleegbare referente aan ons saakgelastigde by: ngkeike@cybersmart.co.za
  • Die kerkraad behou die reg om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top