Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraar
Oranjemund is by die mond van die Oranjerivier in die suidwestelike hoekie van Namibië geleë, met Rosh Pinah 100 km oos van Oranjemund. Beide dorpe is afhanklik van mynbou. Die twee bedieningspunte werk saam as een gemeente met sowat 150 belydende lidmate. Die gemeente is deel van die Namibiese Suidelike Ring.
Die gemeente is in ’n nuwe tydvak as gevolg van veranderinge in die kontekste van beide dorpe wat aanpassings in ons bedieningsbenadering noodsaak. Die gemeente het al baie kleiner geword en is besig om saam met die Suidelike Ring ’n nuwe bedieningstrategie te ondersoek.
Die leierskap glo dat die gemeente ’n voltydse leraar kan bekostig. Die gemeente het onlangs ’n diensleraar in ’n tentmakersposisie aangestel wat saam met die leraar die gemeente sal bedien. Die leraar moet leiding neem met die gemeente se aanpassings wat benodig word binne die nuwe konteks. Ons voorsien voorlopig ’n termynbepaalde pos met opdrag visionering en ontwikkeling van ’n funksionele bedieningstruktuur. Ons benodig begeleiding met verhoudingsbou in pastorale versorging, gemeente-opleiding en -bemagtiging, en begeleiding met gemeenteroeping as ’n missionale gemeente in beide gemeenskappe.
Leraarsprofiel:
Ons bid dat die Here ’n toegewyde kind van Hom sal stuur om ons op hierdie pad te lei en saam hierdie ontdekkingsreis te betree.
Vergoeding:
Ons vertrou dat ons binne sinodale riglyne sal kan onderhandel. Die gemeente voorsien ’n ruim gemeubileerde pastorie.
Aansoek:
Gelegitimeerde predikante van die Hervormde of NG Kerk wat geroepe voel om by die span aan te sluit, word genooi om hulle CV van maksimum drie bladsye en kontakbesonderhede van ten minste drie referente aan die onderstaande adresse te stuur.
Kandidate op die kortlys moet bereid wees om te kom kuier. Onderhoude kan ook deur Zoom hanteer word.
Aansoeke sluit 30 Junie 2025.
Kontakbesonderhede:
Jack Wasserfall (voorsitter van die kerkraad) +264 81 127 1128. Jack.Wasserfall@namdeb.com
Karin Grobler (leierouderling) +264 81 257 1068. karingrobler68@gmail.com
Kerkkantoor +264 81 1288 830. ngomd@iway.na
(Namibiese selfoonnommers kan per WhatsApp gekontak word).