Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Voltydse predikant (Gemeenteleraar)
Gemeenteprofiel
NG Gemeente Grabouw is geleë in die Overberg, ongeveer 80 km vanaf Kaapstad. Die gemeente, tans in sy 91ste bestaansjaar, bedien die distrik van Grabouw – ’n streek waar vrugteboerdery die hoofbedryf is. Die gemeente bestaan uit 420 belydende lidmate en 103 dooplidmate en is deel van die Ring van Caledon. Die vakature ontstaan weens die huidige leraar se emeritaat aan die einde van 2025.
Predikantsprofiel
Ons ontvang graag aansoeke van predikante (gemeenteleraars) van die NG Kerk wat aan die volgende vereistes voldoen:
- Bewese ondervinding in gemeentebediening.
- Afrikaanse moedertaalspreker met goeie vaardigheid in Engels.
- Rekenaargeletterd (veral Microsoft Office).
- Bereid om die pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde (2023) uit te voer.
- Iemand wat sal tuis voel in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak steeds hoog geag word.
Vergoeding
- Vergoeding (TKVI) sal redelikerwys vasgestel word volgens sinodale riglyne.
- Huisvesting word verskaf.
Aansoekproses
Stel asseblief u aansoek saam met die volgende dokumentasie:
- ’n Omvattende CV.
- ’n Omskrywing van u persoonlike bedieningsvoorkeure.
- Die name en kontakbesonderhede van drie referente.
Stuur u aansoek per e-pos na:
Let wel: U sal daarna ’n vraelys van die gemeente ontvang.
Rig navrae aan:
- Die skriba by bg e-posadres of skakel 021 859 3568 (09:00-12:00).
- Johan Groenewald by 083 658 6491.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2025.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2026.
Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude op ’n datum, tyd en plek soos deur die pre-advieskommissie bepaal.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie noodwendig ’n beroep uit die aansoeke te bring of ’n aanstelling te maak nie.