Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Grabouw: Voltydse predikant (Gemeenteleraar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse predikant (Gemeenteleraar)

Gemeenteprofiel

NG Gemeente Grabouw is geleë in die Overberg, ongeveer 80 km vanaf Kaapstad. Die gemeente, tans in sy 91ste bestaansjaar, bedien die distrik van Grabouw – ’n streek waar vrugteboerdery die hoofbedryf is. Die gemeente bestaan uit 420 belydende lidmate en 103 dooplidmate en is deel van die Ring van Caledon. Die vakature ontstaan weens die huidige leraar se emeritaat aan die einde van 2025.

Predikantsprofiel

Ons ontvang graag aansoeke van predikante (gemeenteleraars) van die NG Kerk wat aan die volgende vereistes voldoen:

  • Bewese ondervinding in gemeentebediening.
  • Afrikaanse moedertaalspreker met goeie vaardigheid in Engels.
  • Rekenaargeletterd (veral Microsoft Office).
  • Bereid om die pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde (2023) uit te voer.
  • Iemand wat sal tuis voel in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak steeds hoog geag word.

Vergoeding

  • Vergoeding (TKVI) sal redelikerwys vasgestel word volgens sinodale riglyne.
  • Huisvesting word verskaf.

Aansoekproses

Stel asseblief u aansoek saam met die volgende dokumentasie:

  • ’n Omvattende CV.
  • ’n Omskrywing van u persoonlike bedieningsvoorkeure.
  • Die name en kontakbesonderhede van drie referente.

Stuur u aansoek per e-pos na:

kantoor@ngkerkgrabouw.co.za

Let wel: U sal daarna ’n vraelys van die gemeente ontvang.

Rig navrae aan:

  • Die skriba by bg e-posadres of skakel 021 859 3568 (09:00-12:00).
  • Johan Groenewald by 083 658 6491.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2025.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2026.

Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude op ’n datum, tyd en plek soos deur die pre-advieskommissie bepaal.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie noodwendig ’n beroep uit die aansoeke te bring of ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top