Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk Postmasburg: Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Leraar

Die NG Gemeente Postmasburg, geleë in die Ring van Deben en deel van die Sinode van Noord-Kaapland, nooi gelegitimeerde predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit om aansoek te doen vir ’n voltydse leraarspos.

Postmasburg is sowat 200 km wes van Kimberley en 80 km suid van Kathu. Die gemeente bestaan uit ongeveer 650 belydende lidmate en 85 dooplidmate, en is een van die groter gemeentes in die Noord-Kaap. Die dorp beskik oor ’n laerskool en ’n hoërskool. Die plaaslike ekonomie is hoofsaaklik gesentreer rondom mynbou, landbou en kleiner nywerhede. Daar is ’n tehuis vir bejaardes en ’n staatshospitaal, terwyl die naaste privaat mediese fasiliteite in Kathu, Kimberley en Upington geleë is.

Die gemeente bevind haar tans in ’n nuwe bedieningsfase weens veranderende omgewingsfaktore. In samewerking met die ring ondersoek ons tans ’n hernude bedieningstrategie om sinvol op huidige en toekomstige uitdagings te reageer.

Kernbehoeftes van die gemeente sluit in:

  • Strategiese visioenering en leiding.
  • Toerusting van lidmate vir diens en deelname.
  • Vernuwing van bedieningsmetodes.
  • Fokus op bediening aan kinders, jong volwassenes en gesinne.
  • Pastorale versorging, met spesifieke klem op verhoudingbou en besoeke.
  • Bevordering van plaaswyksbetrokkenheid.
  • Ontwikkeling en implementering van ’n funksionele bedieningstruktuur.

Verlangde leraarsprofiel:

Ons bid dat die Here vir ons ’n toegewyde, roepingsgedrewe leraar sal stuur wat saam met die gemeente hierdie opwindende en uitdagende seisoen met oorgawe sal betree. Bedienings- en lewenservaring sal ’n sterk aanbeveling wees, met die vermoë om met insig en sensitiwiteit leiding te neem.

Vergoeding:

Vergoeding is onderhandelbaar binne die riglyne van die sinode. Die gemeente voorsien ’n goed toegeruste pastorie.

Aansoekprosedure:

Gelegitimeerde predikante wat geroepe voel om by hierdie bedieningspan aan te sluit, word uitgenooi om hulle volledige curriculum vitae, saam met die name en kontakbesonderhede van drie referente, voor of op 11 Julie 2025 te stuur aan ngkpostmasburg@gmail.com. Kandidate wat op die kortlys geplaas word, moet beskikbaar wees vir ’n besoek aan die gemeente. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Navrae:

  •  Johan Lambrechts (leierouderling): 083 679 5460.
  • Ds Bennie Brink (brugleraar): 082 337 5458.
  • Wilma van Zyl (kerkkantoor): 082 447 0215.

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top