Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Somerset-Wes: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Ons bid en vertrou die Here vir ’n toegewyde en dinamiese leraar, met ’n passie vir God se koninkryk en ’n visie vir ’n liefdevolle, lewende, betrokke geloofsgemeenskap.

ONS GEMEENTE

  • Ons noem onsself die ‘Omgeegemeente’ omdat ons, in navolging van Jesus, omgee vir mekaar en vir mense daarbuite wat ons praktiese omgee nodig het.
  • Ons is ’n warm en gasvrye geloofsfamilie met ’n meer tradisionele basis, maar is oop vir groei en vernuwing.
  • As ’n een-leraar-gemeente met oorwegend ouer lidmate, is dit vir ons verblydend dat jonger lidmate ook toenemend inskakel.

LERAARSPROFIEL

Die ideale kandidaat:

  • Is ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wat die ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, sal nakom.
  • Het minstens tien jaar gemeentebedieningservaring.
  • Preek Skrifgefundeerd, kreatief, inspirerend en aktueel.
  • Beskik oor sterk interpersoonlike vaardighede en ’n warm omgeehart.
  • Handhaaf ’n goeie balans tussen tradisie en vernuwing.
  • Beskik oor goeie leierskapsvaardighede en die vermoë om liefdevol en effektief met die kerkraad, gemeentepersoneel en ander lidmate, saam te werk.
  • Is aktief betrokke by uitreik- en getuienisaksies.
  • Is vaardig in die gebruik van Microsoft Office, oudiovisuele hulpmiddels, asook sosiale en multimedia platforms vir effektiewe kommunikasie.

KERNVERANTWOORDELIKHEDE

  • Fasilitering van inspirerende eredienste.
  • Toerusting van gemeentelede, bedieningsgroepe (bv deur Bybelstudie).
  • Pastorale sorg, insluitend siekebesoeke en krisisbystand.
  • Leierskap en strategiese begeleiding van die gemeente.
  • Bevordering van uitreik- en getuienisaksies.

Stuur asseblief ’n e-pos na ngsomerset@mweb.co.za vir ’n gemeenteprofiel en ’n vraelys wat u benodig vir u aansoek wat ons voor 30 Junie moet bereik.

AANSOEKE

  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2025 om 12:00.
  • Die pre-advieskommissie sal so spoedig moontlik ná die sluitingsdatum met elke applikant kontak maak om verdere reëlings te bevestig.
  • Diensaanvaarding: Desember 2025 / Januarie 2026 (of soos ooreengekom).
  • Die kerkraad behou die reg voor om nie te beroep nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top