Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Britstown: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar

Vastetermyn kontrakpos

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.

Gemeenteprofiel:

Britstown is ’n plattelandse dorp in die Noord-Kaap en val binne die Ring van Hopetown. Behalwe vir die plaaslike besigheidsektor, het die dorp en gemeente ook ’n groot aantal veeboere. Die NG Kerk Britstown bestaan uit vier plaaswyke en een dorpswyk.

Lidmaatgetalle: Min of meer 80 belydende en 20 dooplidmate.

Twee instansies wat ekstra aandag verg, is: Huis Daneel (tehuis vir bejaardes) en Gentle Care (versorgingsoord vir terminaal siek pasiënte).

Leraarsprofiel:

NG Kerk predikante word genooi om aansoek te doen.

Die volgende eienskappe sal in die kandidaat se guns tel:

  • Die waarde daarvan besef om brûe tussen verskillende gemeentelede te bou en so die gemeente saam te bind.
  • Beskik oor ’n passie om, op die platteland met sy unieke uitdagings, daadwerklik in die gemeente betrokke te wees.
  • Om kreatief te kan visioneer en optree om uitkomste te skep tov unieke uitdagings.
  • Die waarde van goeie verhoudings besef.
  • Toegewyd aan sy roeping om die geestelike leier in die gemeente te wees.
  • Dinamiese persoon wat beskik oor tegnologiese vaardighede.
  • Deelnemende, sorgsame en liefdevolle menseverhoudinge.
  • Woordgetroue, inspirerende prediking.
  • Energieke persoon met ’n passie vir geestelike versorging.
  • ’n Vernuwende denkrigting.

Vergoedingspakket:

  • Die vergoedingspakket is onderhandelbaar.
  • Huisvesting sal voorsien word met ’n bydrae tov water en elektrisiteit.
  • Maksimum reiskoste vir 1 000 kilometer per maand is ingesluit, ekstra reiskoste sal, waar nodig, volgens die sinodale tarief vergoed word.

Aansoeke:

Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en die name van minstens drie referente met kontakbesonderhede.

Stuur aansoeke aan:

Die skriba, NG Gemeente Britstown – Mev Marina van Zyl

Tel: 082 925 8378. E-pos: ngkbritstown@gmail.com

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preek.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2025.

 Die kerkraad behou die reg voor om nie net uit die aansoeke te beroep of enigsins ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top