Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
GEMEENTEPROFIEL:
Kerk-in-Suid is ’n dinamiese voorstedelike gemeente in Centurion, met ongeveer 3 300 doop- en belydende lidmate. Ons visie is: “Waar die Gees lewens en gemeenskappe verander”. Die gemeente word tans deur twee voltydse leraars bedien; een pos is tans vakant en ons nooi graag leraars uit om aansoek te doen vir hierdie posisie.
LERAARSPROFIEL
Ons is op soek na ’n gelegitimeerde predikant in die NG Kerk, met die volgende vereistes en eienskappe:
Voldoening aan Artikel 9 van die Kerkorde.
Bewese ervaring in:
- Gesinsbediening.
- Jong getroudes.
- Jong volwassenes.
- Tieners.
- Kinders.
- Uitreike/bediening na buite.
- Die vermoë om die gemeente se visie ten volle te leef en uit te dra.
- ’n Passie vir spanwerk, met die bereidwilligheid om as mentor vir verskeie bedieninge op te tree.
- Visionêre en innoverende denke en optrede.
VERGOEDING
- Onderhandelbaar, met die sinodale skaal as riglyn.
- Voordele en toelaes ooreenkomstig sinodale riglyne.
AANSOEKE
- Stuur asseblief ’n volledige CV (maksimum vier bladsye).
- Aansoeke moet die kerkkantoor vóór of op 11 Julie 2025 bereik.
- Beoogde diensaanvaarding: So spoedig moontlik, maar nie later as 1 November 2025 nie.
NAVRAE:
E-pos: dvk@kerkinsuid.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie of om die proses na eie goeddunke te hanteer.
