Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse leraarspos
Groeiende verhoudings met God en medemens.
Sluitingsdatum: 8 Augustus 2025. Diensaanvaarding: 1 Januarie 2026.
Gemeenteprofiel:
Ons gemeente is ’n lewenskragtige geloofsgemeenskap met bykans 350 lidmate, waarvan 263 belydende en 89 dooplidmate is (50% tussen die ouderdom van 25-55 jaar). Op-die-Berg is 180 km van Kaapstad, 120 km van Worcester en 42 km van Ceres geleë. Die middelpunt van ons gemeenskap is ongetwyfeld ons kerk, speelskool (3 en 4 jariges) en ons laerskool. Hoërskoolleerders is in koshuise in omliggende dorpe/stede.
Die ekonomie is hoofsaaklik op vrugte- en groenteboerdery gerig. Ons is ’n groot korporatiewe landbougemeenskap met ’n wye uitkyk op die lewe. Ons omgewing beskik oor ’n aktiewe sportklub (tennis en muurbal) asook ’n hele aantal kampterreine en toeristeaantreklikhede.
Badisa is deel van ons gemeenskapsverantwoordelikheid. Deel van ons span is ’n voltydse medeleraar wat verantwoordelik is vir Bybelskool en Interkerklike bediening onder Xhosa- en Sothosprekendes. Ons handhaaf goeie verhoudings met die plaaslike VGK-gemeente.
Uitnodiging:
- Bring jou unieke gawes en talente om Op-die-Berg gemeente met skrifgeoriënteerde prediking te bedien. Ons wil jou nie beperk tot slegs Kerkorde Artikel 9 se pligstaat nie.
- Kom help ons met God se koninkrykswerk op aarde deur vir ons voor te leef, sigbaar met ons saam te werk en ook uit te reik in ons gemeenskap en wyer.
- Kom bedien ons met kreatiewe en vernuwende denke ten opsigte van geloofsvorming en bedieningstrukture.
- Kom gee vir ons leiding in ons strewe na gesonde verhoudings met God, ons medemens en die skepping.
- Bedien ons deur gebruik te maak van verskeie kommunikasievaardighede (Microsoft Office, oudiovisuele hulpmiddels, asook sosiale en multimediaplatforms).
Versorging:
- Vergoeding is in ooreenstemming met wat sinodale riglyne aanbeveel.
- Pastorie is by die pakket ingesluit.
Navrae:
Monique van Urk (skriba): 023 317 0898.
JB Wessels (voorsitter van die kerkraad): 083 233 4533.
Aansoek:
- Stuur volledige CV (nie langer as drie bladsye) en besonderhede van drie referente aan ons skriba by ngopdieberg@lando.co.za
- Voorsien ons van ’n dekbrief waarin gemotiveer word waarom jy geroepe voel om vir hierdie pos aansoek te doen. Deel ook met ons jou roeping as bedienaar van die Woord.
- Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik van hierdie advertensie, ’n aanstelling te maak, al dan nie.
