Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar (Vastetermynpos minimum drie jaar)
Sluitingsdatum: 30 Julie 2025.
Gemeenteprofiel: De Rust is ’n plattelandse dorp in die Wes-Kaap met 150 belydende lidmate en 25 dooplidmate. Dit is ’n dinamiese plattelandse gemeenskap wat bestaan uit dorps- en plaaswyke. Die dorp, wat vantevore “Dorp van die Jaar” was, is 77 km vanaf Prins Albert, 34 km vanaf Oudtshoorn, 121 km vanaf Mosselbaai en 95 km vanaf George. Oudtshoorn, Mosselbaai en George beskik oor puik hospitale en uitstekende mediese sorg. Daar is ook ’n groot lughawe op George.
Aansoeker:
Die gemeente wag aansoeke in van ’n leraar – afgetrede leraars ook welkom. Van die leraar word verwag om geestelike leiding te neem. Hy moet goeie verhoudinge handhaaf, eensgesindheid in die gemeente bevorder en self ’n geloofwaardige en lewende dissipel van Jesus wees wat die gesag van die Skrif aanvaar.
Vergoeding en voordele:
Totale koste van indiensnemingspakket beloop R400 000,00 per jaar.
Gemeente beskik ook oor ’n gerieflike, ruim pastorie. Elektrisiteit, water en wifi word voorsien.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2026.
Aansoeke:
Stuur CV met drie referente na ngderust@scwireless.co.za
Sluit ook ’n dekbrief in waarin u ons help om die mens agter die feite en gegewens van die CV te leer ken.
Aansoekers moet ook beskikbaar wees vir evaluering deur middel van ’n onderhoud en ’n preekbeurt.
Navrae:
Gerrit Roberts (DVK-voorsitter) sel: 084 811 7279 e-pos: robertsgerrit@gmail.com
Andre Nel (leierouderling) sel: 076 280 0687 e-pos: andrenel@mdwireless.co.za
