Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Plastiekbesoedeling het ’n pandemie geword. Dit is in ons oseane, ons drinkwater en ons kos. Wetenskaplikes het selfs onlangs mikro-plastiekdeeltjies in ongebore babas gevind. Só sê ds Fay van Eeden van die Algemene Taakspan Ekologie in ’n kort video wat vandeesweek bekend gestel is. Foto: Roboflow Universe

Elders gesien | Plastiek in ons oseane, ons kos, selfs ongebore babas – taakspan rig pleidooi

Plastiekbesoedeling het ’n pandemie geword. Dit is in ons oseane, ons drinkwater en ons kos. Wetenskaplikes het selfs onlangs mikro-plastiekdeeltjies in ongebore babas gevind. Só sê ds Fay van Eeden van die Algemene Taakspan Ekologie in ’n kort video wat vandeesweek bekend gestel is.

Sy doen in haar video ‘n dringende oproep op almal (regering ingesluit) om te help om plastiekproduksie te verminder. Die eko-blogger gee ook maklike wenke wat mense kan doen om eenmalige gebruik van plastiekprodukte soos inkopiesakke te bekamp. 

Lees ook meer oor haar gemeente se herwinningsprojekte: Kerk wat werk-artikelreeks: Stellastraat se 3 V’s: Vennote, verhoudings, verskilmaak

Van Eeden het verduidelik dié oproep kom ter ondersteuning van Plastic Free July, ‘n wêreldwye beweging wat daarop gemik is om enkelgebruikplastiekprodukte te verminder. Op dié manier voeg die NG Kerk hulle stem by die van die Anglikaanse en Metodistekerk, wat ook vandeesmaand in die naam van verantwoordelike rentmeesterskap teenoor die skepping oor plastiekbesoedeling pleidooie gerig het op die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se sosiale mediaplatform.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top