Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Kalahari: Leraar (Dienstermyn van twee jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Leraar vastetermynpos 

Gemeenteprofiel:
Die NG Gemeente Kalahari is ’n gemeente binne die sinodale gebied van die Noord-Kaap. Ons is ’n gekombineerde boere-en myngemeenskap wat saam die Here in die dorre warm somers met met die mooiste sonsondergange, rooi sandduine en kameeldoringbome in die Kalahari dien. Die gemeente sluit twee myndorpe, naamlik Hotazel (waar die kerkgebou en pastorie is) en Black Rock in, asook die omliggende plase.  Hotazel is sowat 60 km noordwes vanaf Kuruman geleë.  Beide Hotazel en Black Rock het skole, ’n paar winkels en rekreasiesentrums. Die gemeente bestaan uit 140 belydende en 50 dooplidmate en is vol vertroue dat ’n verbeeldingryke en innoverende leraar goed kan inpas en deel word van ons kerkfamilie.

Uitnodiging:
Die gemeente is in biddende afwagting vir ’n gelegitimeerde leraar met ampsbevoegdheid wat Kalahari-gemeente tot eer van die Here kan bedien, volgens die riglyne van Kerkorde Artikel 9.   Afgetrede leraars is ook welkom om aansoek te doen.

Vergoeding:
Totale vergoedingspakket beloop R400,000 per jaar en ’n gemeubileerde pastorie word voorsien.
Diensaanvaarding: Die pos is beskikbaar vanaf 15 Januarie 2026.

Aansoeke:
Leraars wat belangstel kan aansoek doen deur ’n CV met twee verwysings te stuur na kalaharingk@hotmail.co.uk. Aansoeke sluit teen 30 Augustus 2025.

Navrae:
Theuns Duvenhage 082 326 2526 (kerkraadvoorsitter)
Manus Potgieter 082 739 5995 (diensverhoudinge)
Yvonnette Wessels 083 629 5996 (kerkkantoor)

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top