Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG Kerk Augrabies is geleë in die klein plattelandse dorp Augrabies langs die blink waters van die Oranjerivier in die Noord-Kaap met 406 lidmate. Die gemeenskap van Augrabies bestaan hoofsaaklik uit wingerdboerderye, soos tafeldruiwe en rosyne. Daar is ook veeboere en ’n paar besighede. Ons is ook in besonder trots op ons selfsorgende aftree-oord, Oranjerus. Die gemeentee Augrabies bedien nie net die dorp nie, maar ook die omliggende gemeenskappe wat Rooipad, Blouputs en ons verste wyk Nous (60 km) insluit. Augrabies is sowat 30 km vanaf Kakamas, 120 km vanaf Upington en 130 km vanaf Pofadder. Die kerkraad en gemeente sien daarna uit om saam met die predikant en sy/haar gesin te werk in gehoorsaamheid aan ons roeping van die Here.
LERAARSPROFIEL:
NG Kerk Augrabies is op soek na ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk, met die volgende vereistes:
- Wat kan dien in die gemeente soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Oor goeie bestuursvaardighede beskik.
- Wat gemaklik is om alle ouderdomme te bedien.
- Wat Skrifgetrou en dinamies preek en ’n aanvoeling vir liturgie en aanbidding het.
- Die vermoë het om moderne tegnologie te gebruik tot voordeel vir bediening van die Here.
VERGOEDING:
Onderhandelbaar, met die sinodale skaal as riglyn.
Voordele en toelaes ooreenkomstig sinodale riglyne.
Gemeente beskik oor ’n gerieflike ruim pastorie. Elektrisiteit, water en Wi-Fi word voorsien.
AANSOEK:
Stuur CV met drie referente na admin@ngkerkaug.co.za
- Sluit asseblief ook ’n dekbrief in waarin u ons help om die mens agter die feite en gegewens van die CV te leer ken.
- Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering deur middel van ’n onderhoud en ’n preekbeurt.
SLUITINGSDATUM: 31 Augustus 2025.
NAVRAE: Skriba: Ursula Hayes – 072 304 1155 of Lazua Louw – 072 713 0436.
