Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Stellastraat: Voltydse derde leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse derde leraar

Sluitingsdatum vir aansoeke: Dinsdag 2 September 2025.

In afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van Stellastraat die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.

Gemeenteprofiel

Die gemeente is geleë in die ooste van Pretoria, wat onder andere Menlopark, Ashlea Gardens, Maroelana, dele van Waterkloof, Waterkloofhoogte, Newlands en Brooklyn insluit.

Die gemeente word deur vier voltydse leraars bedien. Elke leraar is verantwoordelik vir eredienste en pastorale sorg, maar neem ook leiding by ’n spesifieke bediening. Groot demografiese veranderinge vind binne die gemeentegrense van Stellastraat plaas. Een van die gemeente se uitdagings is om ’n geestelike tuiste van keuse te wees vir die baie nuwe intrekkers in die omgewing. Volgens die onlangs opgedateerde databasis van die gemeente is daar meer as 3 200 lidmate – waarvan 56% onder 45 jaar oud is en 44% bo die ouderdom van 45.

Voornemende aansoekers moet hulle van die volgende vergewis:

In terme van die gemeente se behoefte, is die volgende profiel ’n riglyn.

  • Verkieslik 20-25 jaar ondervinding as ’n predikant en met wie ook ons ouer lidmate maklik identifiseer.
  • Medeverantwoordelik vir eredienste met teologiese diepte, gelei met liturgiese sensitiwiteit.
  • Vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk soos dit in Stellastraatgemeente gestalte vind.
  • ’n Hermeneutiese benadering tot die Skrif, prediking en bediening binne die gereformeerde tradisie.
  • Wat spanwerk as deel van roeping verstaan en met gemak en integriteit in die leraarspan en ander bedieningsgroepe werk.
  • Ontwikkeling van verhoudings met lidmate, kerkvervreemdes en ander lede van die gemeenskap.
  • ’n Liefde vir werk met lidmate van alle ouderdomsgroepe.

Aansoekers kan hulleself vergewis van die profiel, werksaamhede of besonderhede van Stellastraatgemeente op die gemeente se webblad, www.stellastraat.co.za.

Vergoeding en behuising

Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne. ’n Keuse tussen ’n pastorie of ’n behuisingstoelaag.

Aansoeke

Belangstellendes, gaan asseblief na die volgende skakel vir inligting oor wat verlang word: https://forms.gle/F24ttvgJWuFXinJAA

Beskerming van persoonlike inligting (POPIA)

Ons is daartoe verbind om u persoonlike inligting te beskerm soos vereis deur die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (“POPIA”). Alle persoonlike inligting wat van u versamel word, sal slegs vir die doeleindes waarvoor dit ingesamel is gebruik word, en sal veilig gehou en nie sonder u toestemming aan derde partye bekend gemaak word nie, tensy dit wetlik vereis word. Deur u inligting aan ons te verskaf, stem u in tot die insameling, berging, verwerking en gebruik van sodanige inligting soos uiteengesit in ons privaatheidsbeleid. U het die reg om toegang tot u persoonlike inligting te versoek, dit te wysig, op te dateer of die verwydering daarvan aan te vra. Enige navrae in verband met u persoonlike inligting kan aan malannelup@gmail.com gerig word.

Voornemende aansoekers wat meer inligting wil bekom kan enige tyd een van die vier huidige leraars kontak, of die administratiewe koördineerder Malan Nel by: malannelup@gmail.com

Die kerkraad behou die reg voor om nie te beroep nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top