Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Springs-Noord: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here, aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.

GEMEENTEPROFIEL:

  • Springs-Noord is op die Oos-Rand in Gauteng. Gemeente maak deel van Ring van Delmas.
  • Lidmaatgetal: belydend 554 en doop 108.
  • Besoekpunte: 413.
  • ’n Nie-dolerende gemeente.

KANDIDAAT:

Die kerkraad het besluit om nie ’n vereiste te stel ten opsigte van die kandidaat se diensjare en ondervinding nie en sal alle aansoeke oorweeg. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Die volgende vereistes is van besondere belang vir die kerkraad:

  • ’n Sterk Gereformeerde teologiese uitkyk met ’n besondere klem op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die kerk se belydenisskrifte.
  • ’n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van die gemeentewerk.
  • Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoek.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die sinodale skaal en ander voordele en riglyne as basis. Applikant het ’n keuse tussen pastorie of behuisingsubsidie.

AANSOEKE:

  • Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV, twee onlangse getuigskrifte sowel as name en nommers van referente, asook Akte van Legitimasie.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
  • Sluitingsdatum: 20 Augustus 2025.

STUUR AANSOEKE AAN: info@ngkspringsnoord.co.za

Navrae: Die voorsitter van die kerkraad: Ouderling Diek de Beer 082 353 2907.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top