Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kuruman-Moedergemeente: Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos

Sluitingsdatum: 13 Augustus 2025.

Gemeenteprofiel:

Kuruman-Moedergemeente is ’n plattelandse gemeente omtrent 220 km noordwes vanaf Kimberley. Die dorp het ’n goeie hoër- en laerskool en doeltreffende infrastruktuur met verskeie groot inkopiesentrums.

Die gemeente het 393 belydende en 97 dooplidmate. Die meerderheid van ons belydende lidmate is ouer as 46 jaar. Die gemeente bestaan uit ’n boere-, sake- en mynbougemeenskap. Een Sondag per maand word ’n plaaswyk, ongeveer 110 km vanaf die dorp, bedien.

Ons gemeentevisie: Ons getuig jubelend totdat Hy kom.

Ons nuwe leraar moet ons hierin begelei deur:

  • Passievol oor die erediens en die aanbieding daarvan te wees.
  • Alle ouderdomsgroepe entoesiasties te kan bedien.
  • Oor leierseienskappe beskik wat al die normale bedieningsaspekte sal uitbou.
  • Verhoudings te bou wat lidmate sal verenig in ons gemeenskaplike doel.

Pligte: Soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele: Volgens sinodale skaal as riglyn.

Behuising: Drieslaapkamer pastorie met ’n munisipale asook telefoontoelaag.

Aansoek: E-pos volledige CV met minstens drie referente voor 13 Augustus 2025 na:

ngkuruman@gmail.com

Diensaanvaarding: Die datum van diensaanvaarding sal met die verkose aansoeker onderhandel word. Verkieslik Desember 2025/Januarie 2026.

Navrae:

Oudl Carl Derks (voorsitter van die kerkraad) 083 625 1067.

Erika Ekkerd (skriba) 053 712 0657.

Erika Kotzé (kassier) 053 712 0657.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top