Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraarspos
Die kerkraad van die NG Gemeente Riviersonderend wag in afhanklikheid aansoeke in vir bogenoemde pos.
GEMEENTEPROFIEL
Riviersonderend is ’n plattelandse landbougemeenskap in die hartjie van die Overberg met tans 332 belydende en 83 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit vier dorps- en vier plaaswyke asook die Overberg-tehuis vir bejaardes. Daar is ’n goeie verspreiding van lidmate oor die hele ouderdomspektrum. Die gemeente word bedien deur ’n enkelleraar.
LERAARSPROFIEL
Die aangewese persoon is ’n NG Kerk predikant wat alle ampspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde moet nakom. Iemand wat sal tuis voel in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak hoog geag word. Die volgende vaardighede sal in jou guns tel: Afrikaans as moedertaal met goeie vaardigheid in Engels, bewese ondervinding in gemeentebediening, finansiële bestuur, personeelbestuur en rekenaargeletterdheid.
VERGOEDING
- Vergoedingsvlak volgens die gepaste skaal, met inagneming van diensjare en ondervinding tot ’n maksimum van kerf 13 (± R600 000 per jaar).
- ’n Ruim pastorie met koopkrag word voorsien (redelike waterverbruik ingesluit, predikant verantwoordelik vir elektrisiteit).
- ’n Voertuig vir gemeentewerk word voorsien. Reistoelaes word hanteer volgens die gemeente se beleid.
- Internettoegang word voorsien.
AANSOEKE
- Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
- ’n Kort video van twee minute via WhatsApp (071 605 8452) waarin u uself bekend stel en met ons deel waarom u vir die pos aansoek doen moet die CV vergesel.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n moontlike preekbeurt.
- Rig aansoeke aan: ngrse@twk.co.za
- Sluitingsdatum: 30 September 2025.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2026 of vroeër.
NAVRAE
Voornemende aansoekers wat meer inligting wil bekom kan vir ds Karlie Liebenberg (konsulent) kontak by 082 676 8995/ngrse@twk.co.za
Die kerkraad behou die reg om nie ’n beroep uit te bring nie.
