Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Dalunie: Voltydse leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Voltydse leraar

NG Gemeente Dalunie, ’n dolerende gemeente ±15 km noord van Brits op die Wagpospad, nooi aansoeke of aanbevelings van gelegitimeerde leraars van die NG Kerk vir die bediening van Woord en sakramente.

Ons is ’n klein, hegte geloofsgemeenskap met 297 belydende en 40 dooplidmate, en ressorteer onder die Ring van Krokodilrivier. Ons verlang na ’n leraar wat saam met ons ’n pad van groei in geloof sal stap.

Ons soek ’n leraar wat:

  • Skrifgetrou is en ’n diep liefde vir die Woord en gebed het.
  • Met integriteit kan begelei, luisterend kan lei en mense se vertroue kan wen.
  • Bewus is van die unieke uitdagings en roeping van ’n plattelandse boerderygemeenskap.
  • Aktief leiding kan neem met jeug- en kategesebediening.
  • Bereid is om die gemeente se identiteitsverklaring te onderskryf (beskikbaar op versoek).
  • Met hoop, gebed en vasberadenheid saam met ons ’n pad van hernude visie en roeping wil loop.
  • Die gemeente met toewyding en entoesiasme in alle fasette van gemeentewerk sal dien, in ooreenstemming met Artikel 9 van die Kerkorde.

’n Vergoedingspakket, onderhandelbaar volgens die riglyne van die algemene sinode, word aangebied. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie met ’n goedversorgde tuin wat op die kerkterrein geleë is. Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Alle aansoeke word streng vertroulik hanteer.

  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 07 September 2025.
  • Stuur asseblief die volgende aan:

’n Volledige CV (merk as VERTROULIK), ’n persoonlike geloofsgetuienis, die name en kontakbesonderhede van twee verwysings, en indien moontlik, ’n onlangse foto van u gesin.

Kontakpersoon: Boots van Rensburg (voorsitter: pre-advieskommissie)

E-pos: boorens@gmail.com Sel: 082 579 3120.

Christus my hele lewe.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top