Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Loeriesfontein: Vastetermyn kontrakpos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermyn kontrakpos (vir drie jaar daarna onderhandelbaar) vir leraar of emeritusleraar.

Met erkenning aan God as die Hoof van ons gemeente nooi NG Gemeente Loeriesfontein alle gelegitimeerde proponente, predikante en emeritusleraars uit om aansoek te doen.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2026 of so spoedig daarna.

Gemeenteprofiel:

Loeriesfontein is ’n plattelandse dorp met sy eie unieke karakter, geleë met een voet in die Hantam en die ander in die Boesmanland. Die dorp is in die Noord-Kaap, maar skakel kerklik in by die Wes-Kaap. Hoofsaaklik aangewese op ekstensiewe boerdery. Normale reënjare besorg aan die dorp ’n ontploffing van blommeprag in die lente wanneer ons jaarlikse gemeentebasaar gehou word. Die gemeente is gestig in 1935 en is verdeel in vier dorpswyke en drie plaaswyke. Daar is tans 193 lidmate en 22 dooplidmate in die gemeente. Die meerderheid lidmate is bo die ouderdom van 50 jaar.

Leraarsprofiel:

Die applikant moet verkieslik getroud en gelegitimeer wees in die NG Kerk. Die persoon moet aanpasbaar wees in die platteland en moet kan inskakel by alle ouderdomsgroepe. Hy/sy moet kan saamwerk in groepsverband, maar ook outonoom kan funksioneer. Huisbesoek en pastorale versorging moet voorrang geniet. Die leraar moet innoverend wees in sy/haar hantering van die eredienste, maar nogtans Woordgetrou wees in sy/haar prediking.

Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding:

Onderhandelbare salaris volgens sinodale skale, met ’n totale koste van indiensneming van R372 000,00 per jaar, 42 dae verlof en gratis pastorie, asook ’n toelaag vir elektrisiteit, water, telefoon en internetdienste. ’n Eie voertuig wat geskik is vir grondpaaie is sterk aan te beveel.

Rig aansoeke aan: Die kerkraad, NG Gemeente Loeriesfontein.

E-pos: ngloerie@hantam.co.za

Navrae:

Ds Danie Gerber     084 819 7832, daniegerber56@gmail.com

Tiaan Schutte          084 400 5201, loerspar@hantam.co.za

Kerkraad behou die reg voor om geen of nie ’n aanstelling uit die aansoeke te doen nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top