Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk Nieuwoudtville: Deeltydse predikantspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Deeltydse predikantspos

GEMEENTEPROFIEL:

Ons is ’n klein, hartlike plattelandse gemeente in die betowerende blommedorp Nieuwoudtville in die Noord-Kaap.

Ons staan bekend vir ons pragtige, historiese kerkgebou wat reeds vir geslagte as geloofsanker dien, en vir die wonderskoon van die natuur rondom ons – veral tydens blomseisoen, wanneer die veld ontplof in kleur en lewe.

Ons is ongeveer 75 km oos van Vredendal wat die grootste dorp in die Noord-Wes-Kaap is langs die R27 op pad na Calvinia. Heelwat van ons lidmate is boere, maar deesdae kry ons baie intrekkers wat die rustige en veilige omgewing kom geniet saam met ons. Gasvryheid, familie en omgee vorm die hartklop van ons gemeente. As ’n familiegeoriënteerde geloofsgemeenskap is ons toegewyd aan versorging, begeleiding en die uitbou van opregte verhoudings. Ons streef daarna om ’n gemeente te wees wat omgee, nie net vir onsself nie, maar ook vir ander. ’n Plek waar ons naby aan God leef en tot seën is vir mekaar en die wêreld rondom ons.

LERAARSPROFIEL:

Ons vertrou die Here vir ’n leraar wat opgewonde ons visie deel en wat ons sal begelei op die pad van gemeente-ontwikkeling.

Hierdie pos is vir ’n gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde sal nakom.

Die gemeente het ’n behoefte aan ’n dinamiese, Geesvervulde leraar wat saam met ons entoesiasties is oor sy/haar roeping, so wel as ons gemeente- en gemeenskapsroeping, wat ’n passie het vir Skrifgetroue verkondiging van die Woord en wat omgee vir mense.

VERGOEDING:

Die diensvoordele van ’n deeltydse predikantspos word in terme van die sinodale riglyne vir ’n voltydse predikantspos, proporsioneel tot die aantal diensure van die pos bepaal. Die pos is pensioendraend. Die vergoeding sal met geskikte kandidate tydens die onderhoudproses bespreek word.

AANSOEKE:

Belangstellende aansoekers word versoek om ’n volledige CV, insluitend verwysings, per e-pos aan ngknieuwoudtville@calvinianet.co.za te stuur.

Sluitingsdatum: Sondag 31 Augustus 2025.

Vir meer inligting of navrae kontak:

Koos Greeff: 083 651 5686.

Hugo van Niekerk: 084 584 0408.

Koenas vd Westhuizen: 083 425 1110.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top