Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.
Die Algemene Sinode Moderamen van die NG Kerk het op 11 Augustus 2025 besluit om R250 000 uit die Algemene Sinode se Rampfonds as humanitêre hulp in die geweldgeteisterde Midde-Ooste te skenk. Hierdie bydrae is ’n gebaar van Christelike liefde en barmhartigheid te midde van ontsettende menslike lyding, veral dié van kinders en weerloses in Gasa.
Lees die volledige verklaring hieronder. – Red.
Lees ook: NG Kerk gereed om skenking aan slagoffers in Gasa te maak
Humanitere Hulp_14Aug2025

So hoe weet ons hierdie geld gaan nie aan Hamas nie?
My Boodskap aan die ASM.
Om die Engelse gesegde te gebruik:
” Charity begins at Home”
Ek is dankbaar vir my kerk wat ‘n ope hart en hand het vir mense in sulke uiterste ellende. Ja, daar sal altyd mense wees met kritiek en bedenkings….maar ek dink
dat met hierdie skenking ons op die voetspoor van Jesus is.
Hennie Lombard Roodepoort
Hoe kan ons dit regverdig om geld die land uit te stuur terwyl daar duisend kinders honger in Sa gaan slaap?
As elke land sou redeneer dat “Charity begins at home” en net kyk na die nood in hulle eie land, wie gaan dan die mense in die oorlogsgeteisterde gebiede help? Dan is elke kerk mos net op sy eie omstandighede gefokus en die lande soos Gaza en Israel en Oekraiene moet maar self opsnork. Die vraag moet miskien gevra word HOEKOM daar soveel nood in ons eie land is? Is dit nie dalk omrede plaaslike gemeentes te min betrokke is nie? Omrede hulle bekommerd is oor die kleur van die mense wat hulp rondom hulle nodig het. Of gaan hulle die gemeente braai kan bekostig as hulle dan nou God se geld op die armes spandeer. Daar sou baie minder hongeres, siekes en armes in SA gewees het as plaaslike gemeentes gedoen het waarvoor hulle geroep is ipv om miljoene op geboue, musiekinstrumente, koffiekroee, jeugkampe ens spandeer het. Nou wil almal die ASM kritiseer omrede hulle die nood van ander in die wereld wil aanspreek. Eers wanneer jou gemeente vir die armes en hongeres en siekes sorg tot die punt waar dit seer en ongemaklik raak, kan ons begin om klippe na die ASM te gooi.