Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Secunda-Oos: Voltydse leraarspos (Onbepaalde termyn)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos

GEMEENTEPROFIEL: NG Secunda-Oos dien die Here al 46 jaar in die unieke dorp Secunda. Secunda is gebou rondom Sasol se enorme chemiese bedryf en het ’n sterk professionele inwonerskorps. Daar is verskeie Afrikaanse laer- en hoërskole wat wys dat Afrikaans hier sterk staan. Die gemeente bestaan uit 1 506 belydende en 510 dooplidmate. Ons kerkkompleks is baie goed toegerus en word reeds 43 jaar gedeel met NG Secunda-Goedehoop.

Dit is ’n sterk gemeente met ’n verskeidenheid van bedienings, sterk leierskap en steunstelsels. Die bedieningsdoelwitte is gereeld oor jare helder uitgespel en nou aangevul in ’n brugproses. Ons vertrekpunt is ons identiteit as liefdesgerigte, Skrifgetroue gemeente wat verbonde aan die NG kerkverband fokus op die grootste nood in koninkryksperspektief.

LERAARSPROFIEL: ’n Leraar behoort die volgende eienskappe en vermoëns te hê:

Hy of sy moet goed kan preek, goed met mense kan werk, en mense met dinamiese leierskap kan saamneem. Hy of sy moet vir ons huidige tyd mediavaardig wees, en missionaal dink en bedien in ’n kultuur wat al hoe meer kerklos word. Jeugvaardigheid is nodig vir groei vanuit die baie kerklos Afrikaanse kinders en gesinne rondom ons. Spanwerk met kollegas is onontbeerlik juis omdat die moontlikheid van ’n toekomstige beroep van ’n jong kollega waarskynlik is in samewerking met die leraar wat nou beroep word. Verkieslik behoort die leraar onder 45 jaar oud te wees met ’n gesin en kinders. ’n Diep persoonlike geloof is onontbeerlik, en oortuiging van die Skrif as Woord van God en verbintenis aan belydenisskrifte en kerkorde is vanselfsprekend.

Vergoeding: Traktement, reistoelae en ander vereiste toelaes op sinodale aanbevole skale. Verblyf in ’n goeie pastorie word aangebied.

Aansoeke moet bestaan uit ’n CV met besonderhede van drie referente, ’n kort bekendstellingsvideo en skakels na ’n onlangse video-opname van beide ’n preek en ’n mediaaanbediening.

Dit moet gerig word aan henkgous@mweb.co.za en kantoor@secundaoos.co.za

Aansoekers is welkom om persoonlik en vertroulik te gesels met leierouderling Marius Neethling 082 371 6584 en brugleraar Henk Gous 083 267 0108.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Donderdag 18 Sep 2025 om 12:00.

Die gemeente behou die reg voor om nie die pos te vul nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top