Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Deeltydse leraarspos vir vaste termyn (twee jaar)
In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van Koppies-Weltevrede bogenoemde vakature bekend en nooi met verwagting gelegitimeerde proponente en leraars / diensleraars van die NG Kerk uit om vir die pos aansoek te doen. Emeriti is ook baie welkom.
Gemeenteprofiel:
Koppies-Weltevrede is een van twee gemeentes in Koppies in die Noordwes-Vrystaat. Die gemeente bestaan uit 152 belydende lidmate (waarvan 55% in die ouderdomsgroep 26-65 jaar val) asook 34 dooplidmate. Die gemeente is behoudend en gehoorsaamheid aan God en sy Woord is baie belangrik. Die geestelike groei en versorging van die lidmate is vir die kerkraad ’n hoë prioriteit.
Huis Emily Hobhouse- versorgingsoord vir bejaardes is in die dorp en die geestelike versorging van die bejaardes by die weeklikse bidure is die gedeelde verantwoordelikheid van die twee NG gemeentes en die Volle Evangelie Kerk op die basis van bidure aldaar, afwisselend op ’n maand-tot-maand basis. Versorging van lidmate is elke gemeente se eie verantwoordelikheid volgens inskrywing in die lidmaatregister.
Op die kerkterrein is daar die kerk/kerksaal/kompleks asook ’n doelmatige pastorie.
Vakansietye en langnaweke word gesamentlike eredienste tussen die twee NG gemeentes gereël.
Leraarsprofiel:
- ’n Opregte lewende persoonlike verhouding met God Drie-enig wat gestalte vind in suiwere Woordverkondiging, pastorale sorg aan almal in die gemeente wat insluit ’n passie vir die gesin – eerstens ’n dienaar van God en daarna ’n dienaar in die kerk.
- Aanvaarding en nakoming van alle bedieningspligte soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde in volkome gehoorsaamheid aan die Skrif en die belydenisskrifte van ons kerk.
- Samewerking in spanverband is belangrik met spesifieke verwysing na die kerkraad en die verskillende bedieninge in die gemeente.
- Inisiatief neem om nuwe projekte en geestelike bedieningsgeleenthede te loods vir die gemeente en in die gemeente en om voort te bou op bestaande gevestigde karakter en aksies in die gemeente soos skoling rondom doop, belydenisklas en kategese, Bybelstudies, wyksbyeenkomste, die kerkraad en vrouebediening.
- Iemand wat hierdie gemeente as deel van die Liggaam van Christus met die nodige deernis, liefde en sorg sal dien.
Posbeskrywing: Deeltydse leraarspos vir vaste termyn (twee jaar).
’n Leraar wat al die normale gemeenteverpligtinge soos beskryf in Artikel 9 van die Kerkorde nakom met inwoning in die pastorie.
Dit sou ook kon wees ’n leraar wat deur die kerkraad tydelik aangestel word en van wie verwag word om Sondae die eredienste waar te neem, een dag per week pastorale versorging te doen en beskikbaar te wees wanneer benodig vir krisisse soos dit mag opduik. Hierdie laasgenoemde opsie sal slegs as ’n tydelike reëling hanteer word waar inwoning in die pastorie dan nie van toepassing is nie.
Vergoeding: Sal met die kandidate onderhandel word.
Aansoeke: Indien u die Here se roepstem hoor oor hierdie betrekking, nooi ons jou uit om jou CV per e-pos te stuur na weltevredekerk@gmail.com om ons te bereik nie later as 10 Oktober 2025. Stuur ook vir ons besonderhede van drie referente vir wie ons kan kontak. U moet, op koste van Koppies-Weltevrede, ook beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlik ’n preekbeurt in die gemeente.
Navrae:
Ds Hennie Hattingh (konsulent) – 082 923 3910.
LK Jonker – 082 784 1666.
Linda Beukes (skriba) – 064 783 2948 (Ma-Vr 8:00 – 12:00) of 082 588 0960 (na ure).
Diensaanvaarding: Sal onderhandel word. 1 Januarie 2026 word as teikendatum gestel.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang is nie. Alle aansoeke sal as vertroulik hanteer word.
