Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Parow-Panorama: Medeleraar (Voltyds / permanent)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Medeleraar ( Voltyds / permanent)

Salaris volgens sinodale skaal (Maks R600 000 pj, behuising ingesluit).

SLUITINGSDATUM: 30 September 2025.

AANVANGSDATUM: 1 Januarie 2026.

KOM WERK SAAM IN ONS SPAN!

IS JY PASSIEVOL DAAROOR OM ’N VERSKIL TE MAAK IN DIE LEWE VAN JONGMENSE, JONG WERKENDES EN GESINNE?

Ons is op soek na ’n energieke en toegewyde medeleraar om vars idees en entoesiasme na ons bediening te bring. As jy kreatief, gedrewe en lus is om sterk verhoudings te bou, is hierdie geleentheid vir jou!

PASSIE VIR JEUG EN GESINNE: Help ons om ons bediening te groei met jou innoverende idees en energie!

DINAMIESE PREDIKING: Ons eredienste moet ’n belewenis wees wat die jonger geslag prikkel en inspireer! Ons lof- en aanbiddingspan speel reeds ’n groot rol.

INNOVERENDE IDEES EN AKTIWITEITE: Dink kreatief oor hoe om jongmense en gesinne te bereik en sterk verhoudings te bou wat lei tot geestelike groei en verdieping.

SPANWERK EN GEMEENSKAPSFOKUS: Bou spanne en bevorder spanwerk om ook ’n beduidende impak in ons gemeente en gemeenskap te maak.

Ander minimum vereistes:

Gelegitimeerde predikant in die NG Kerk.

Minimum vyf jaar ondervinding.

HOE OM AANSOEK TE DOEN:

Stuur vir ons jou TWEE-BLADSY CV en ’n KORT VIDEO waarin jy jouself voorstel, verduidelik waarom jy hierdie rol wil hê en hoe jou vaardighede by ons behoeftes pas.

skriba@parow-panorama.co.za  021 930 3100.

 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top