Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Aanddiensaanbiddingsleier en -liturg
Gemeenteprofiel
- Sonstraalgemeente is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë. Ons bedien ongeveer 5 000 lidmate waarvan ’n beduidende persentasie gesinne met kinders is.
- Ons slagspreuk is: Leef om te dien, en ons roepingstelling: By Sonstraal is almal welkom – hier leer ons saam om soos Jesus te leef. Ons leef ons roeping uit met die waardes: genade, gasvryheid, en gestuurdheid.
- Eredienste is gasvrye en feestelike ontmoetings waar ons die Here aanbid en toegerus en gestuur word om soos Jesus te leef.
- Aanddienste word op ’n informele styl aangebied en grootliks deur hoërskoolleerders en jong volwassenes bygewoon. Alhoewel meer kontemporêre liedere gesing word, geniet ons ook meer “tradisionele” liedere wat in ’n kontemporêre styl gesing word.
Profiel van die kandidaat
- Opregte, geïntegreerde en dinamiese persoonlikheid met die vermoë om uitstekend in ’n span saam te werk. Dit sluit die musiekbedieningspan, sowel as die leraarspan en kantoorpersoneel in.
- Vereenselwig met die gemeente se visie en roepingstelling.
- Passie en vaardighede om, spesifiek met die oog op aanddienste, die musiekbediening en liturgie kreatief, kontekstueel, en met teologiese suiwerheid met die roepingstelling te belyn en in ’n unieke styl te ontwikkel.
- Die vermoë om kuns en teologie liturgies te integreer en kreatief na te dink oor liedkeuses, liturgiese momente en ander voorstelle vir die bevordering van die aanddienste.
- Bereidheid om verhoudinge te bou met die musiekgroep van die aanddiens, vaardighede te ontwikkel en strategies saam te werk vir die bevordering van die aanddienste.
Vergoeding
Volgens SAKOV-skale, per speelbeurt.
Aansoeke
Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by: kommunikasie@sonstraal.org.za
- ’n Bondige CV;
- Kontakbesonderhede van drie referente;
- ’n Skakel na ’n onlangse erediens of geleentheid waar u opgetree het.
Navrae kan gerig word aan ds Zandré Marais (zandre@sonstraal.org.za of 072 110 1410) of aan Christine Pentz (leier: musiekbediening) by 083 298 8410.
Sluitingsdatum: 21 September 2025.
Diensaanvaarding: So gou moontlik.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Geborg
