Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Jeffreysbaai: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

GEMEENTEPROFIEL:

NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n makrogemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer 4 900 lidmate en word bedien deur drie voltydse leraars, ’n diensleraar en ’n kinderwerker. Ons is ’n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie (Kompleks, Da Gama en Paradysstrand) kampusse bedien.

Na ’n periode van gebed, visionering en deeglike beplanning het daar veranderinge plaasgevind in ons totale leraarskorps se verantwoordelikhede. ’n Groot behoefte bly steeds vir ons om ’n VOLTYDSE LERAAR met opdrag: Families: jonk (Gr 7-12) sowel as ons naskoolse jongmense te hê. Jeffreysbaai en Humansdorp beskik oor verskeie laer- en hoërskole waar ons kinders en gesinne van die gemeente speel en werk. Hierdie pos is geskik vir ’n gelegitimeerde leraar, diensleraar of ’n proponent wat hierdie rol kan vervul.

LERAARSPROFIEL:

Jy is moontlik ’n geskikte kandidaat as jy jouself in die volgende profielbeskrywing en ons vereistes herken.

Jou fokus sal oorhoofs die volgende wees:

  • Visionering en leiding van ons totale familiebediening binne die gemeente. Die totale leraarskorps ondersteun mekaar en sal in oorleg plaasvind.
  • Die direkte leiding van die JONK- bediening (Gr 7-12) sowel as, studente en naskoolse jongmense.
  • Verseker dat die mentors by ons oorhoofse familiebediening opleiding en ondersteuning ontvang.
  • Die leiding gee aan ’n span personeellede en bedienaars wat die jeug bedien vanaf voorskool, laerskool, tieners en die studente. Dus die visionering, kontrolering, motivering en opleiding van hierdie leiers en mentors.
  • Die hoërskole in die omgewing moet kreatief in samewerking met jeugwerkers bedien word.
  • Vrywilligers/ mentors te werf en toe te rus vir die totale jeugbediening.
  • Prediking by ons Jonk-erediens in oorleg met die totale leraarskorps.

Die vereistes wat vir ons belangrik is:

  • ’n Geesvervulde verhouding met die Here hê en sy liefde uitleef.
  • ’n Spesiale passie het vir jeugbediening (Gr 7-12) met relevante ondervinding.
  • Skrifgetrouheid (gereformeerde teologie) is vir ons span belangrik.
  • Teologiese opleiding is ’n vereiste.
  • Ondervinding in die leiding en bestuur van vrywilligers (mentors) is belangrik.
  • Ondervinding in die mobilisering, opleiding en visionering van vrywilligers.
  • Goeie leierskaps- en administratiewe vaardighede is belangrik in ons konteks.
  • Moet ’n span mense kan lei en in spanverband kan saamwerk.
  • Persone wat makrogemeente-ondervinding het sal voorkeur geniet.
  • Goeie kommunikasievaardighede (verbaal en skriftelik).
  • Menseverhoudings wat gefokus is op spanwerk en sterk werksverhoudinge.
  • Beplannings-, organisasie- en koördineringsvaardighede.
  • Kreatiewe denke en werkswyse.
  • Vermoë om mense vriendelik en professioneel te hanteer.
  • Vermoë om ’n wye spektrum van mense te kan hanteer en mee saam te werk.
  • Energiek en vol selfvertroue.
  • ’n Positiewe gesindheid.
  • Aanpasbaar en moet leiding kan neem indien omstandighede verander.
  • Moet die inisiatief kan neem in alle omstandighede.
  • Moet goed rekenaarvaardig wees in die MS-office produkte soos Word, PowerPoint en Excel. Ons volle bediening gebruik One-drive en Planning as hulpmiddels.

 AANSOEKE: Aansoeke moet die volgende insluit:

  • Kort CV en dekbrief ter motivering waarom jy geroepe voel om hierdie taak op te neem.
  • Drie referente met kontaknommers.
  • Stuur jou aansoek na beroep@ngkjeffreys.co.za
  • Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud in Jeffreysbaai en om PI-toetse (Predictive Index) af te lê op die gemeente se onkostes.

VERGOEDINGSPAKKET:

  • Die vergoeding sal bepaal word volgens sinodale riglyne.

Sluitingsdatum: 7 November 2025.

Diensaanvaarding: Januarie 2026 of so spoedig moontlik.

NAVRAE:

Die gemeenteraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

 Deur die indiening van hulle CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur NG Gemeente Jeffreysbaai-gemeente vir die keuringsproses gebruik kan word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top