Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Rooihuiskraal: Musiek- en erediensbegeleier

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Musiek- en erediensbegeleier

Sluitingsdatum: 28 September 2025.

Profiel:

  • Iemand wat lief is vir God en wat musiek beskou as ’n gawe waarmee hy/sy in die koninkryk wil dien.
  • ’n Begaafde musikant wat minstens kitaar of klavier kan speel. Die speel van meer instrumente en ’n deeglike kennis van musiek en kerkmusiek sal voorkeur kry.
  • ’n Begaafde sanger van die voorsang kan lei.
  • In staat om saam met ’n span van ander musikante te werk en hulle te lei.
  • Kennis van die tegniese aspekte van ’n erediens sal voordelig wees.

Pligte:

  • Verantwoordelik vir die begeleiding van lof en aanbidding tydens die gemeente se eredienste.
  • Van tyd tot tyd beskikbaar om tydens spesiale dienste tydens die week te begelei, byvoorbeeld Pinksterdienste, begrafnisse ens.
  • Hy/sy is verantwoordelik om tydens alle eredienste die musiekbegeleiding te bestuur en groei, asook saam met die leraars die weeklikse liturgiese spasie help skep vir die eredienste.
  • Daar word van die werknemer verwag om voldoende tyd aan inoefening, opleiding, mentor en bestuur van musikante en voorsangers te spandeer, om sodoende aan die visie van NG Rooihuiskraal te voldoen.
  • Hy/sy is verantwoordelik vir die musiekkeuses in oorleg met die betrokke leraar(s) vir die erediens.
  • Hy/sy is verantwoordelik vir die bou en werwing van die musiekbedieningspan asook vir die reël van oefensessies met die musiekbedieningspan.
  • Hy/sy is verantwoordelik om toe te sien dat die erediensbediening ook ’n hoë standaard handhaaf by alle geleenthede soos versoek deur die betrokke liturgiese span.

Vergoeding en voordele:

  • Die salaris is onderhandelbaar aan die hand van die suksesvolle kandidaat se vaardigheid, ondervinding en kwalifikasies.

Aansoek:

Aansoeke kan gerig en gestuur word aan die voorsitter van die kerkraad (simonavdh@gmail.com). Alle aansoeke moet asseblief vergesel word van ’n CV, nie langer as drie bladsye nie. Aansoekers moet ook beskikbaar wees vir ’n onderhoud en begeleidingsbeurt tydens ’n erediens. Indien die persoon ’n video of klankgreep van ’n onlangse opname het kan dit ook gestuur word.

Diensaanvaarding: 1 November 2025.

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top