Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Moedergemeente Schweizer-Reneke: Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos

Gemeenteprofiel:

Schweizer-Reneke is ’n plattelandse dorp geleë in die Noordwes-provinsie. Die NG Moedergemeente bedien ’n groot boerderygemeenskap met vier plaaswyke en sewe dorpswyke. Hier is ’n goeie laer- en hoërskool. Hier is ook ’n tehuis vir bejaardes. Ons is ’n geloofsgemeenskap wat deur God geroep is om verhoudingsgerig te leef en sodoende ’n verskil te maak in die samelewing en breër gemeenskap. Ons fokus op ’n Woordgebonde erediens met groot ruimte vir jeugbediening en lofprysing. Die visie van die gemeente is: “Ons bring die Kruisliefde in beweging.”

Leraarsprofiel:

’n Dinamiese, leraar/proponent wat die roeping het om die Woord getrou te bedien, ’n passie het vir die omvattende gemeentebediening, van jeug tot bejaardes. Iemand wat tuis voel in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak en meelewing met die aktiwiteite van lidmate belangrik is. Deel wees van ’n bestuurspan waar lidmaatbemagtiging en -betrokkenheid belangrik is. Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die kontrak.

Vergoedingspakket:

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die sinodale skaal as riglyn. Daar is ook ’n ruim pastorie.

Aansoeke:

Aansoeke vergesel met ’n onlangse CV en drie referente moet gerig word aan:

srklipkerk@gmail.com

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt in die gemeente.

Sluitingsdatum is 17 Oktober 2025.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2026.

Navrae:

Jan van der Merwe by 082 944 0363 of die konsulent ds Ampie Swanevelder by 082 428 4943.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top