Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Sinode van Wes-Kaapland: Seminariumkoördineerder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Seminariumkoördineerder

Die NG Kerk in SA (Sinode van Wes-Kaapland) het ’n deeltydse pos (50%) beskikbaar op Stellenbosch vir ’n seminariumkoördineerder. Die posbekleër vervul ’n ondersteunende rol vir die PSD: Teologiese Opleiding en Navorsing ten opsigte van die daaglikse funksionering van die seminarium. Die posbekleër sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die koördinering van beide residensiële en aanlyn seminariumgeleenthede, sowel as die kommunikasie en skakeling tussen die seminarium, studente en mentors. Die posbekleër sal bystand lewer met die bestuur van prosesse rondom studentebeurse en databasisse. Die posbekleër sal aan die Predikant in Sinodale Diens (PSD): Teologiese Opleiding en Navorsing rapporteer.

Primêre verantwoordelikhede

  • Roepingsonderskeiding van voornemende studente.
  • Begeleiding van voornemende studente om die gepaste baan van teologiese opleiding te bepaal.
  • Inskakeling van studente by die seminariumekosisteem.
  • Koördinering van seminariumprogramme (residensieel en aanlyn).
  • Koördinering van mentorprogramme.
  • Spiritualiteitsontwikkeling (beplanning, aanbieding en koördinering van retraites).
  • Algemene en pastorale versorging van studente (hantering van navrae en versoeke).
  • Akkurate rekordhouding om naspeurbaarheid van rekords te verseker.

Minimum vereistes

  • Gelegitimeerde predikant (ABR-kode A01-A10).
  • Bewese ervaring en betrokkenheid in ’n teologiese en kerklike opleidingsomgewing sal voordelig wees.
  • ’n Goeie begrip van die kerklike opleidingslandskap en bedieningsbane.
  • Bewese kennis en/of ervaring met argiewe of rekordbestuur sal voordelig wees.
  • Kennis van die NG Kerk se struktuur.
  • Bewese pastorale vaardighede (veral met studente).
  • Uitstekende interpersoonlike vaardighede (insluitend luistervaardighede, fasiliteringsvaardighede, konflikhantering).
  • Bewese beplannings-, organisatoriese en administratiewe vaardighede.
  • Goeie tweetalige kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
  • Goeie probleemoplossing- en besluitnemingsvaardighede asook innoverende denke.
  • Bewese rekord van VBO-inskakeling.

Werksure:

07:45-12:00 (Maandae tot Vrydae, fleksie-ure is van toepassing).

Sluitingsdatum: 10 Oktober 2025 om 12:00.

Navrae:

Marnus Havenga (PSD: Kerklike Opleiding en Navorsing).

Kontakbesonderhede: 021 882 9923 of marnush@kaapkerk.co.za

Aansoekproses:

Die aansoekvorm en advertensie kan by die volgende skakel gevind word:

https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste/

Stuur die aansoekvorm saam met ’n volledige CV aan:

Hulpbronbeampte (Elmien Theron) – ngkadmin@kaapkerk.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top